GONG-SKIETDAG
Op 19 Mei 2018, het Morgezon Landbou Akademie hul heel eerste Gong-skietdag, onder die vaandel van Laeveld Jagtersvereniging, aangebied op Roodekrans (Johan Swart en Seuns se plaas) op die Morgenzon-Bethalpad. Die weer was maar trietsig, maar dit het nie die skuts afgesit nie. 106 Skuts van oral oor die land het die dag kom deelneem.

Die weer was koud en nat, maar selfs nie eers daardie faktor kon die jagters se akkurate skote affekteer nie. Die spankapteine het met die interessanste name vorendag gekom. Van Pienk melkies, Uitkyk hoenders en Amper raak is maar net 'n paar name wat die dag gepryk het op die puntekaarte.

Daar is ses verskillende bane uitgelę wat elkeen 'n ander skietposisie gehad het. Dit het beslis die skuts op hul tone gehou en laat meeding. Die kompetisie was straf.

By die prysuitdeling is die volgende persone aangewys as wenners en het met fantastiese pryse weggestap:
• Eersteprys wenners: Happy days met 1100 punte (wen elk n blesbok en jagnaweek).
• Tweedeprys wenners: The Cunning Stunts met 1090 punte (wen elk hul eie gonge).
• Derdeprys wenners: Maggason Recalled met 1020 punte (wen 'n Wildman geskenkbewys en 'n fles).
• Gemengde span wenners: Toaster Hunters (kon hul prys eerste gaan kies van die tafel vol geborgde pryse).

Die individuele plekke was ook baie indrukwekkend.
• Eerste plek: Piet van den Heever, Jaco Cronje.
• Tweede plek: Casper Uys, Paul van Niekerk, Elton Gross, Jan Hendrik Martins.

Baie geluk aan al die wenners. Julle mag maar skiet!
Die span wat met die troosprys weggestap het was Tom and Jerry. Hulle het glo die die dag verkies om te bak-en-brou, eerder as om te skiet. Hulle het "muffin mix" gewen. Die pryse wat oor was, is later uitgeloot in 'n gelukkige trekking.

Die "Power Shot" baan se gong was 600 m ver geplaas. Die twee skuts, Paul van Niekerk en Piet van den Heever, wat hom twee keer raakgeskiet het, het die R1000 prys gedeel. Hulle het die prys geskenk aan die skool en ons is baie dankbaar oor die gebaar.
Baie dankie aan al ons borge.

Baie dankie ook aan die organiseerders, die hoofbaanoffisier: Pieter Ackermann, ander baanoffisiere: Gerhard Breedt, Johan van Deventer, Daniel slabbert, Riaan van Wyk en Pieter Lange en helpers (“spotters” en tellinghouers), ouers, onderwysers en kinders wat die dag moontlik gemaak het. Baie dankie ook aan Riaan Stander die gekwalifiseerde paramedikus.Genadiglik was daar geen beserings die dag nie.
 

Morgenzon Landbou Akademie Akrobate.


Anke Swart het Saterdag, 5 Mei aan die Mpumalanga Akrobate kampioenskappe deelgeneem en haar Mpumalanga klere verwerf.
Anke baie geluk met hierdie puik prestasie ons by Landties is baie trots op jou.

 

   

 

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com