By MLA streef ons daarna om elke leerder se talent te ontdek en te ontwikkel. Met doelgerigte personeel, word afrigting puik gehandhaaf.

MLA bied elke jaar n suksesvolle interhuis atletiek byeenkoms aan. Ons neem ook deel aan Prestige byeenkomste teen top skole in die omgewing. Hierdie jaar het ons uitmuntende prestasies behaal, en menigte medaljes huis toe gebring.

Hier word leerders aangemoedig om vroegtydig voor te berei, en so sorg ons dat ons prestasies elke jaar van die heel beste is.

2019

Morgenzon Landbou Akademie se laerskool atletiekspan het op Saterdag, 2 Februarie 2019, aan 'n vriendskaplike byeenkoms te Amsterdam gaan deelneem. Met strawee kompetisie het die Landties steeds gewys wat in hulle steek. Ons atlete het 11 goue medaljes, 4 silwer medaljes en 10 brons medaljes los gehardloop. Die volgende atlete het uitstaande prestasies behaal:
• Owethu Skosana – Jnr. Victrix Lodorum
• Lee-Ann Els – Snr. Victrix Lodorum
• Anton Meyer – Snr. Victor Lodorum
• Lumé Els – Beste Jnr. Baan Atleet
Baie geluk aan al die atlete. Julle het ons naam hoop gehou. Julle is werklik ware Landties!

 

Laerskool Atletiek 25/01/2019
Veronica 1ste plek gewigstoot, 4de plek diskus
Aphiwe Manana 2de plek gewigstoot
Inge Davel 3de plek 80 m
Nondumiso Hlatswayo 4de plek 800 m
Ané Davel 5de plek 80 m

 
     

 


 

__________________________________________________________________________________________________

Saterdag, 2 Februarie 2019 het Morgenzon Landbou Akademie se Hoërskool atlete aan Carolina se atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ons atlete het mooi presteer en die volgende plekke is behaal.

19 Eerste Plekke
10 Tweede Plekke
10 Derde Plekke

Baie dankie en geluk aan elke atleet wat ons skool se naam hoog hou.

 

2018 Interhoër

Op Saterdag, 17 Februarie 2018 het Morgenzon Landbou Akademie die jaarlikse Interhoër aangebied waaraan 10 skole deelgeneem het. Ons atlete het baie goed gedoen op die dag en spog met 15 Goud, 9 Silver en 13 Brons medaljes. Die volgende leerders het almal eerste plekke behaal en twee van ons atlete het ook bekers ontvang.

Jana Swart Dogters 0/14
1ste plek - Gewigstoot
Spiesgooi
Skyfwerp
Jana Swart is ook aangewys as Beste Dogters Skyfwerp atleet van die dag en ontvang 'n beker.

Zelry van Biljon Dogters 0/14
1ste plek - 1500m

Marleen van Eeden Dogters 0/16
1ste plek - 800m

Clarissa Olckers Dogters 0/16
1ste plek - Gewigstoot

Kosie du Preez Seuns 0/14
1ste plek - Gewigstoot
Skyfwerp

Evert Ceronio Seuns 0/14
1ste plek - Spiesgooi

Ruhan Gouws Seuns 0/16
1ste plek - 400m
800m

Lindosi Dludlu Seuns 0/15
1ste plek - 1500m

Pieter-Karel Pelser Seuns 0/17
1ste plek - Gewigstoot
Skyfwerp
Pieter - Karel Pelser is ook aangewys as Beste seuns Gewigstoot atleet van die dag en ontvang 'n beker.

Evert Kleynhans Seuns 0/19
1ste plek - Gewigstoot

Baie dankie ook aan Ansie van Ansie Van Aarde van Factory Plaza wat weer uitgehang het met haar trofee's vir die Leerders elke Leerder kan dit met trots bêre.

2018 Interlaer
Soos die jaarlikse gebruik, was dit weer die afgelope naweek ons Interlaer waaraan die Landties gaan deelneem het. Elkeen van ons atlete het uitstekend gevaar en het die Landties-familie baie trots gemaak. Ons het op hierdie dag 12 goue medaljes, 9 silwer medaljes en 6 brons medaljes los gehardloop. Ook is Zané du Plessis as die beste senior baanatleet aangekondig, Willem Landman is as die beste junior veldatleet aangekondig en ElizMarie Greyling is as die senior Victrix Ludorm aangewys. Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie dag ‘’n sukses te maak en geluk aan elke atleet wat deelgeneem het. Julle is ware Landties!

 

 
 

Geesvang fotos 2018

 
   
   
   
   
   
   
   
   

Geesvang fotos 2017

 
   
   
   
 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com