As die bestuur van die Morgenzon Landbou Akademie (MLA) wil ons elkeen van u as ouers, leerders, voornemende leerders en hul ouers, belangstellendes, of terloopse webwerf besoekers verwelkom by ons tuiste op die Internet. Ons waardeer u belangstelling.
   

Ons wil u verseker dat ons skool homself opnuut verbind om leerders in totaliteit deur toekomsgerigte, kwaliteit opvoeding te vorm. Dit gebeur omdat MLA onderneem om:
relevante onderrig in 'n ontspanne atmosfeer te voorsien en om akademies uitnemend te presteer.
uitnemende deelname in 'n verskeidenheid sport- en kultuur aktiwiteite aan elkeen te bied;
hulpbronne doelmatig en effektief aan te wend;
geestelik weerbaar te wees; en
ons Christelike oortuigings prakties uit te leef.

Morgenzon bied in 'n landelike omgewing:
Laer- en Hoërskoollewe met die beste wat die platteland kan bied, jy is ook deel van die opwindende Hoëveld boerdery gemeenskap.
Alhoewel ons 'n akademiese skool is, het ons kleiner klasse met meer individuele aandag.

Ons berei jou voor vir die professionele wêreld van:

die Tuinboukundige, Landbou navorser, Landbou voorligter, Veekundige, Veearts, Ingenieur, Boer, Plaas bestuurder, Tegnikus, Toerisme praktisyn en baie meer.

Op ons twee plase kan jy praktiese ervaring kry van 'n groot verskeidenheid hoëveld boerdery aktiwiteite:
geniet die lekker plaaslewe in ons goed toegeruste koshuis vir seuns en dogters
die voordeel van erkende kursusse in wolklas, bees- en perde beoordeling en Kunsmatige Inseminasie
unieke ervarings en uitstappies word aangebied.

Ons bied regtig meer!

Ons het al die bekende sportsoorte, maar uniek aan die plaas, ook perdespring, dresseer en jeugskoukompetisie met die plaas se eie diere.

Ons heerlike kultuuraksies, wat alles insluit vanaf revue tot sokkies, is vir ons die belangrikste. MLA wil aan jou kind die beste geleenthede bied vanaf rekenaar geletterdheid tot verskeie toere reg deur die jaar. Maak jou hoërskooljare 'n onvergeetlike herinnering.

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com