Gr10 Veldskool
Ons graad 10 leerders van 2017 het 5 tot 8 September gaan veldskool hou by die Amsterdam Environmental Centre onder die leiding van Fanie Loots. Ons leerders is spesifiek getoets op leierskap vermo sowel as mense verhoudings. Onder andere was ons aktiwiteite: Embleem ontwerp wat die mens, God, hul dier en natuur moes bevat; lantern bekruip; Insekte bestudeer; Boomplant; Plakkie hokkie; Uitslaap in die wildernis waar Metilda haar opkoms gemaak het(sien fotos) ; 3 Uitdagings bane( 1 vir groepwerk, 1 vir breinkrag en 1 Fiksheid toets); Huis skoonmaak; Gat gly; Dramatiseer de kunste; Bybelstudie elke oggend ens.

Ons leerders het nie n minuut gehad om stil te sit nie omdat program vol gedruk is. Ek glo elke leerder het iets spesifiek geleer wat hulle terug huis toe gebring het. Baie dankie aan elke ouer wat dit moontlik gemaak het vir jou kind om dit te kon bywoon.
   
   
   
   
   

 

Huis Kosmos

Ons Koshuismeisies het 'n heerlike geesvang aand beleef, daar is Marshmallow's gebraai, Kondensmelk koffie gedrink en dan het hul afgeluit om vir almal te gaan intertain met samesang. Meisies jul is TOPS!! Juf. Jeanine van Aarde baie dankie vir jou aand se opoffering en relings vir ons meisies.

 
Biologie Prakties Gr. 10 -11
   
   
   
   

Ons Laerskool VLR het die ou mensies gaan besoek en heerlik gekuier waar hul, ons oumensies bederf het met sop en broodjies Chantelle ,Etienne, Andrea, Brendan, Steven, Thokosise en Carmella.

   
   
 
Maandag die 22ste Mei was beslis nie 'n blou Maandag vir die Grondslagfase van Morgenzon Landbou Akademie. Die leerlinge het hul jaarlikse Joldag gehad en Carnival Square by Lake Umuzi in Secunda is besoek. Die kinders het hulle gate uit geniet. Hulle het op die perdjies op die mallemeule gery, trein gery en het amper al hul energie opgebruik op die klim en klouter apparaat.

Verder is hulle bederf met 'n lekkergoed pakkie wat Juffrou Marisa spesiaal vir elkeen gepak het. Vir middag ete is hulle by Dros getrakteer op worsies, visvingers, hoendernuggets met skyfies en roomys. Hier het hulle ook weer heerlike baljaar op die springkasteel en die springmatte. Baie dankie vir elke mamma en pappa en goedhartige samaritaan wat hierdie uitstappie vir die kinders moontlik gemaak het. Hulle sal dit nog lank onthou. Baie dankie vir al die Juffrouens wat so mooi na ons kindertjies gekyk het ons as mamma's sien raak wat jul als vir hul doen.

   
 

Morgenzon Landbou Spog met hul Ford nuwe bakkie!!!

Wat meer kan ons s, as Baie Dankie Barloworld Ford Alberton vir hierdie groot bederf. Baie dankie vir jul ondersteuning en flinke diens. Ouers indien jy in die mark is vir 'n nuwe voertuig kontak Paul by Barloworld Ford Alberton hul het baie spesiale aanbieding hou ook hierdie FB dop vir toekomstige aanbiedinge die Link word hier geplaas. Ons sien uit na al ons gelukkige kilo's in ons nuwe Ford 2.2 Enkelkajuit. Baie dankie aan Gerrie Claassen en Paul du Plessis vir hierdie besonderse bydrae wat u tot die vooruitgang van Morgenzon Landbou Akademie gelewer het.
   


Kyknet het die skool kom besoek die 28ste Maart 2017. Ons skool se uitdaging was om n ligte middagete voor te berei en albei spanne moes n souttert en slaai opgedis het.

Willow Creek Span was Charlize Smit en Shimpiwe Yende. Funky Ouma span was Sunell Erasmus en Nicolette du Plessis

Ons leerders het baie goed gevaar. Kokkedoor Marinda was aanbieder en beoordelaar asook ons CI Troubelene Diedericks was n beoordelaar. Juffrou Nelmarie Erasmus was ook n beoordelaar.

Ons wil net dankie s aan elkeen wat gehelp het om die dag 'n sukses te kon maak. Nerina Joubert met jou resepte en hulp met al die praktiese oefensessies en al jou ander bydraes ook. Magda Van Niekerk met die maak van die pragtige gordyne vir die Gasvryheidsentrum. Julle hulp word opreg waardeer.

Die dag was n groot sukses en dra ons skool se naam uit. Dit is n fees om n Landtie te wees**

Die uitsending van opname gaan wees 24 Mei 2017 op Kyknet

 
   
 

Ons leerders doen Tegnies prakties

   
   

 Ons Balonne projek.
As u vir enige iemand 'n balon wil stuur hetsy verjaarsdae enige iets kontak vir Martie.


 

 

Ons gr9 Natuurwetenskap leerders het die week die geleentheid gehad om te kyk na selle onder die mikroskoop, dit was vir elkeen n groot ondervinding.

     
 
     

Landbou prakties 6 Febr 2017
Kalfies melkgee, koeie melk en Brafford kalfies onthoring en Multi minerale spuit.

     
 
     
 
     
 
 

Donateursfunksie 2016

     
 
     
 
     
 
     
 
 

Morgenzon Landbou Akademie wil van die geleentheid gebruik maak om vir Dawie Spies te bedank vir die waardevolle boodskap en lewenslesse wat hy vir ons Gr. 12 meegedeel het.

Mag God sy werk sen en so ook ons Gr. 12's.
Baie sterkte aan elke leerder en ouers vir hierdie tyd wat voorl.
Dankie vir ons borge wat hierdie unieke geleertheid moontlik gemaak het.

     
 
     
 
     
 

Graad 10 uitstappie na Wig van die mensdom
 

 
 
     
 
 
Die Gr.6s het op die 30 en 31ste Augustus 2016 op hulle jaarlikse veldskool by Mooikrans. Die leerders het dit baie geniet en wou nie terug kom nie.
   
   
   
 
Gr. 11 doen Lewenswetenskap prakties van die gaswisseling. Mnr. Adriaan Van Jaarsveld geen mens kan hierdie praktiese werk ooit vergeet - dankie vir jou moeite om dit so interessant vir die leerders te maak
     
 
Hier is ons seuns besig met voorbrand - dis omtrent die hoogte punt vir ons seun om betrokke te wees by hierdie projek.
   
 
20 Mei 2016 het Dawie Leon Spies ons skool besoek. Ons leerders en personeel is in die besonderse posisie om na hierdie man te luister.

Dawie sien homself as 'n baie positiewe mens, wat lewenservaring en 'n passie het om ander mense te help deur besluite en volharding, jou maksimale potensiaal te bereik.

Jy lewe net een maal, neem regte keuses, werk hard en jou sukses kom vanself.
   
 
Gr 9 in aksie met hul kwartaallikse praktiese toets in Natuur Wetenskappe - toets van basisse en sure
 
   
 
 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com