MLA is een van die min skole wat spog daarmee om gholf as 'n sport aan te bied.

Leerders word die geleentheid gebied om weekliks tyd op die gholfbaan te spandeer, en so hierdie groeiende sport te bemeester.

Met 'n uitstekende gholfbaan slegs 1km van die skool, word oefening vergemaklik, en word leerders ook gemotiveer om deel te neem aan hierdie opwindende sport.

Omdat alle skole nie hierdie sport aanbied nie, neem ons aan buite kompetisies deel, maar bied ook die geleentheid vir opkomende nuwe spelers om die talent te ontwikkel, en sodoende ook genot daaruit te put.


v.l.n.r. Agter: Marnu Kruger
v.l.n.r. Middel: Waldo Viljoen, Marinus Britz, Ruan Nortjé, Kyle Coetzee
v.l.n.r. Voor: Cobie Roux, Jonty Jarvis,Mnr. A. Jv Rensburg (Afrigter), Ulrich Venter, Marco Olivier

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com