Graad 8 Pitte-Kamp, 2017

Morgenzon Landbou Akademie se nuwe Graad 8 leerders het oudergewoonte hulle Graad 8-kamp in die eerste week van die skooljaar bygewoon. Diť prettige kamp is op Amsterdam gehou en die nuwe Pitte-leerders is deur die VLR en drie onderwysers vergesel.

Deur die aktiwiteite, wat hindernisbane en ʼn avontuurbaan ingesluit het, het die leerders geleer dat samewerking en ʼn positiewe gesindheid wondere verrig. Respek vir mekaar, vir die natuur en teenoor personeel is deurgaans beklemtoon.

Behalwe dat almal dit baie geniet het is die grond ook voorberei vir hierdie nuwe Pitte om volwaardige Mielieplante te word in die ware Landtie sin van die woord.

 
   
   
   
   
   
 
 
 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com