Morgenzon Landbou Akademie se hengel spanne het baie goed gevaar in die skole liga die jaar. Landties was bevoorreg om 2 spanne te kon inskryf vir die skole liga waarvan die A span 1ste geŽindig het en die B span 2de. Hier volg die uitslae van die naweek se finale.

Lj Nel swaarste karp 0/13
Ruan Vunderink meeste vis
Tommy Robberts swaarste sak
Marco olivier swaarste baber
Victor ledorm Ruan Vunderink
2de Tommy Robberts
3de Johan van Heerden
Morgenzon A 1ste vir die dag.
Morgenzon B 2de vir die dag.

Algeheel:

2de in Mpumalanga is Morgenzon B span.
1ste in Mpumalanga is Morgenzon A span.
Ons is baie trots op elke seun wat sy kant gebring het langs die viswaters.

8 van die skool se seuns is ook in die Mpumalanga span ingesluit wat Desember aan die SAs gaan deelneem by bloemhofdam.
O/13 Lj Nel, O/19B Ruan Vunderink, Kyle Coetzee, Ulrich Venter, Kian Labuschagne, O/19A Morne Kuhn, Marco Olivier, Johan van Heerden

   
   

 

Die naweek het Morgenzon Landbou Akademie se hengel spanne deelgeneem aan 'n skole liga by Grootdraaidam. Die seuns het hulle goed van hulle taak gekwyt toe die A en B span van Morgenzon 1ste en 2de gekom het. Morne Kuhn is aangewys as die beste hengelaar van die dag wat die meeste vis gevang het en die swaarste sak ingeweeg het. 2de was Kian Labuschagne en 3de Tommie Robberts.

Al drie van Morgenzon. Drie van die skool se seuns het ook die swaarste spesies vir die dag gevang. Johan van Heerden swaarste baber, Tommie Robberts swaarste karp en Marco Olivier die swaarste geelvis. Ons is baie trots op die seuns. Die volgende skole lige is 14 Oktober en dit sal dan ook die finale wees. Sterkte en hou landties se naam hoog.

 

     
   
 
 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com