UIT DIE HOOF SE KANTOOR 2016

Ons het ’n opwindende wipwarit “roller coaster” jaar gedurende 2016 by MLA beleef met ’n aantal “wow” ervarings. Soos wat dit met elke “roller coaster”-rit gaan was daar die gekreun en gesteun om bo uit te kom en dan die lekker om vanaf daardie kruin die rit te beleef. MLA het hulle self weer oortref met die geweldige klomp aktiwiteite wat ons by hierdie klein skooltjie aan ons leerders bied. Aktiwiteite soos Rugby, Netbal, Hokkie, Atletiek, Hengel, Toutrek, Revue, Jeugskou, Skaak, Perdesport, Jukskei, Gholf, Tennis, Landloop ens.het die leerders se buite kurrikulêre jaar redelik vol gehad en daar was besonderse prestasies op elke een van daardie gebiede.

Besonderse mylpale wat in hierdie jaar bereik was in die boerdery-afdeling sluit die volgende in: Die opening van ons omgewingsbeheerdehoenderhuis, die toevoeging van die Braford- sowel as Vleismerino stoet by die boerdery-afdeling van die skool, aankoop van ’n ses ry planter, ’n ander bakkie vir die boerdery asook ’n nuut opgeboude spuit. By die skool was daar ’n paar hoogtepunte nl.: Al die reünies wat by die skool plaasgevind vanaf 1966 – 1976, die voltooiing van die nuwe klubhuis, die gordyne vir al vier seunskoshuise en ook die oorverf van die geboue en dakke.

SPORT

MLA het weereens uitgeblink op vele sport gebiede in 2016 en die prestasies wat ons almal bybly is ons 0/15 Rugbyspan die eerste keer in die geskiedenis die Beeldtrofee vir kleinskole verower. Ons is voorwaar trots op daardie 18 seuns wat hulle so goed van hul taak gekwyt het (Koshuisbrood maak ysters groot). Dan is ons 0/15, 0/17 en 0/19 Rugbyspanne aangewys as Mpumalanga Kleinskole Rugbykampioene en met die 0/17 en 0/19 speel ons kwartfinaal en moes daar ongelukkig die knie buig voor die opposisie, Curro Heuwelkruin, Pietersburg. Rugbyseuns julle is ware kampioene. Met ons Senior Hokkie het ons ’n derde plek in die Mpumalanga kleinskole kampioenskap.

Op Senior Netbalvlak is die 0/19 A-span as Gert Sibande Streekwenners aangewys en het hulle ook ’n derde plek in Mpumalanga kleinskole behaal. MLA se senior hokkiespan behaal derde plek in Mpumalanga kleinskole en ons sien uit na ’n 2017 vol opwinding.

Op Perdesportvlak het MLA uitstekend gevaar en het ons nege ruiters by SANESA kampioenskap gehad en is ons aangewys as die skool in die land met die hoogste punt vir die kompetisie. Ons het twaalf leerders wat opgeneem is in die Mpumalanga Hengelspan wat die provinsie gaan verteenwoordig by die SA kampioenskap wat gehou gaan word in Desember by Bloemhofdam. In die sandputte van die Jukskei het ons ’n besonderse jaar beleef deurdat ons 0/13 en 0/19 span besonderse prestasies bereik het in 2016. Die twee spanne het hande vol goud en silwer medaljes huis toe gebring na elke kompetisie.

Vier leerders verteenwoordig dus ook Mpumalanga by die SA-Jukskeikampioenskap in Desember wat te Kroonstad aangebied gaan word. Ons het een seun wat met Gholf gevorder het tot en met die Mpumalanga finaal en het daar toe uitgeval in die laaste rondte. Ons sien uit na ’n jaar vol opwagting op die setperke in 2017. Op Landloop gebied het ons een dogter gehad wat in die laaste rondte vir Mpumalanga span uitgeval het.

KULTUUR

Kultuur het by MLA in 2016 van krag tot krag gegaan en het ons besonderse prestasies bereik op kultuurgebied in 2016. Ons het ’n eerste keer aan SA-Revue deelgeneem wat gehou was in Midrand by die Vodacom Dome. Dit was vir ons ’n groot leerskool en ons kinders het dit terdeë geniet om te sing en dans op die groot verhoë.

Ons gaan in 2017 die Revue vat en ’n reuse sukses daarvan maak en ’n paar van die groot skole ’n ding of twee leer. Nasionale Jeugskou was die jaar aangebied by Morgenzon Landbou Akademie en het ons 35 leerders in die Mpumalanga span gehad. Morgenzon spog met ’n hele klomp eerste tot derde plekke op die Nasionale kompetisie en ons as skool is voorwaar trots op daardie seuns en dogters. Met die Redenaars van 2016 het ons weer ’n senior- en juniorspan ingeskryf en het ons redelike prestasies behaal maar in 2017 gaan ons van grondslagfase tot en met graad 12 deelneem aan redenaars.

2016 was ook weer ‘n baie aktiewe Landsdiensjaar en was daar baie Landsdienskampe gehou deur die jaar en is daar ook een van ons leerders gekies om na die SA-Landsdienskamp te gaan aan die einde van 2016.

IN 2016 HET DIT GEWELDIG GOED GEGAAN MET MORGENZON LANDBOU AKADEMIE OP SPORT-, KULTUUR- EN AKADEMIESE GEBIED. ONS SIEN UIT NA 2017 WAAR ONS HIERDIE PRESTASIES KAN VERBETER EN ONS LEUSE VIR 2017 IS:

“LEEF MET ‘N POSITIEWE GESINDHEID, JY IS ‘N GEBORE WENNER!”

 

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com