Jukskei is 'n tradisionele inheemse sportsoort wat in Suid-Afrika tydens die Groot Trek ontwikkel het. Die sportsoort is eie aan Suid-Afrika en ontwikkel dit veral die speler se konsentrasie vermoë en hand-oog-koördinasie.

Jukskei word landswyd gespeel en hier in Mpumalanga gaan die sport van krag tot krag.

Ons skool het tans 8 spanne en veral die seuns geniet die spel vreeslik. Ons speel teen skole soos Secunda, Oosterland, HTS Middelburg, HTS

Witbank, Laeveld en Nelspruit.

 

DIE 0/19 JUKSKEI-SEUNS VAN MORGENZON LANDBOU AKADEMIE VERTEENWOORDIG MPUMALANGA EN NEEM DEEL AAN DIE SA SCHOOL SPORTS CHAMPIONSHIPS IN DURBAN VAN 9-15 JULIE 2017. DIE SPELERS KWYT HULLE BAIE GOED VAN HULLE TAAK EN MPUMALANGA EINDIG 5DE IN N BAIE STRAWWE JUKSKEI KOMPETISIE.

Gert Sibande Distrik wen die Jukskei uitdunne.
Geskryf deur Marina van Eck, Morgenzon Landbou Akademie.


Op 10 Junie het Gert Sibande Distrik se jukskeispelers hulleself waardig gedra in Middelburg. Op die ysige dag het Bothlabela (56˝), Elanzeni (59), Gert Sibande (69˝), Nkangala (65)en Buhlebesizwe (50) distrikte meegeding deur “Doubles” en “Trips” te speel. Na ‘n harde dag se spel het Gert Sibande Distrik die eerste plek behaal met 69˝ punte en sal hulle Mpumalanga verteenwoordig by die National Schools Winter Games in Durban gedurende die Julie vakansie. Me. Baba Maree van Morgenzon Landbou Akademie is die afrigter van hierdie O19-Seunsspan en het met trots saam met al die spelers ‘n goue medalje ontvang. Nou lę harde oefening voor om die MSC kroon te gaan wegraap van al die ander provinsies.

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die organiseerders te bedank vir die verteenwoordigende sportgetalle wat opgedaag het in al die sportsoorte van die dag. ‘n Ieder en ‘n elk is daardie dag gevoed met kos en ‘n drinkding asook vervoer is verskaf. Mens kan sien dat sport belangrik is vir ons regering en ons bedank hulle vir die wonderlike bydrae wat hulle lewer in Mpumalanga Sport om ons kinders se drome te verwesenlik.
 

 


Links na regs:
Sunday Fakude, Morgan Mostert, Sanele Thabethe, Me. Baba Maree (afrigter), Freeman Mgabi en Siyabonga Chipeta

s

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com