Die leerders moes die Augustusrukwinde trotseer by die laaste landloopligabyeenkoms wat op Woensdag 16 Augustus 2016 plaasgevind het by Oosterland in Secunda. Die roete was redelik uitdagend!

Baie geluk aan die 8 Landtiesatlete wat gaan deelneem het. Julle maak ons trots!

Die volgende leerders het goed gevaar:
Senior seuns: Hugo Spies 18 de plek, met 'n tyd van 25:06

Junior meisies: Lillian Veldman 22ste plek, met 'n tyd van 23:22

Senior meisies: Shaqeana Page 26ste plek

Die interhoër vind volgende Woensdag, 23 Augustus 2017, plaas by EHS in Ermelo.Die leerders wat gekies is sal in kennis gestel word.

Daar is ook Dinsdag, 22 Augustus 2017, 'n kringbyeenkoms in Ermelo by die AJ Swanepoelstadion vir laer- en hoërskoolleerders.Ons sal die gekose leerders inlig.

     
 
     
 

Hoërskole Landloopliga 1 Woensdag 26 Julie 2017

Nege leerders het gaan deelneem aan die Hoërskole Landloopliga 1 Woensdag 26 Julie 2017.Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het.Anicha Bam en Ruan Spies het goed gevaar as Juniors.Anicha het n 17de plek behaal met 'n tyd van 20,48 min en Ruan 18,02 min. Hou so aan. Ons hou jul dop die seisoen!

   

2016
Die 2016-seisoen het weereens massa deelname van laerskool- en hoërskoolleerders opgelewer.  Middag namiddag het die stof behoorlik opgereis soos wat Landties die landloopbaan kafgedraf het. Laerskool byeenkomste is gehou in Standerton en Ermelo, waar leerders goed presteer het.

Saam met die Landloop is daar nou ook vir die kinders “Speed Walking”. Die stap help ook om aan fiksheid te werk en daar is heelwat leerders wat deelneem net vir die plesier daarvan.

2017 Beloof om weereens ’n jaar van “langasems” te wees.

v.l.n.r. Agter: Bredon Calitz, Zané du Plessis, Henru Lombard,
Kiara Mostert
v.l.n.r. Voor: Ruan Spies, Elizmari Greyling, Juf. M.van Wyk (Afrigter),
Chantel Oosthuizen, Etienne van Eeden
 
v.l.n.r. Agter: FC Koch, Kaleb Boshoff
v.l.n.r. Middel: Sanele Thabethe, Creg Brits, Pierru Kruger, Siebert Myburgh,
Jan-Harm Louw, Hugo Spies
v.l.n.r. Voor: Lillian Veldman, Jan- Hendrik Swart, Juf. A. Erasmus ( Afrigter )
JJ van der Merwe, Gert Oosthuizen
 
Saterdag, 3 September 2016

Lillian Veldman (0/14) het gaan deelneem aan die Mpumalanga landloopkampioenskappe by laerskool Breyten.

   
 

Landloop - Gerg Sibande Distrikkampioenskappe

Siebert Myburgh (0/15), Hugo Spies (0/16) en Lillian Veldman (0/14) neem in Breyten deel aan die Gert Sibande landloopkampioenskappe in Breyten. Lillian Veldman behaal 'n 11de plek. Sy dring deur na die Mpumalanga-kampioenskappe wat Saterdag 03/09 plaasvind in Breyten.

Baie geluk Lillian,ons is baie trots op jou en hou vir jou duimvas!

 

Landloop Kringbyeenkoms 24 Augustus 2016

Lillian Veldman, Ettienne van Eeden en Brendon Calitz het vandag,Woensdag 24 Augustus 2016, landloopuitdunne gehardloop by nog 'n kringbyeenkoms in Ermelo by die AJ Swanepoel stadion. Lillian Veldman (0/14) het 'n tweede plek behaal.

MLA het 4 atlete wat deurdring na die Gert Sibande Diskrikkampioenskappe hulle is, Lillian Veldman (0/14), Jan Harm Louw (0/14), Hugo Spies (0/16) en JJ van der Merwe (0/16). Baie geluk! Sterkte met die laaste voorbereidings! Ons hou julle dop!

Gert Sibande Diskrik kampioenskappe vind Saterdag 27 Augustus 2016 plaas by Laerskool Breyten.

Etienne van Eeden (0/12), Lillian Veldman (0/14) en Brendon Calitz (0/12)  
   
 
20 Augustus 2016

Op ‘n baie koue Saterdag oggend, 20 Augustus 2016, het sewe van ons leerders aan landloop gaan deelneem in Ermelo wat deur JJ van der Merwe aangebied was. Met groot ywer het die volgende leerders teen strerk kompetisie deelgeneem: Nipho Nkonyane, Zané du Plessis, Henru Lombard, Chantel Oosthuizen, Etienne van Eeden, Kiara Mostert en Ruan spies. Geluk aan die plekke wat julle behaal het.
Dankie aan almal wat gaan deelneem het, julle is trotse Landties!

   
   
   
 

Woensdag, 17 Augustus 2016

Was dit Interhoërlandloop wat plaasgevind het by Ligbron. M.L.A het ongelukkig nie medaljes of bekers verower nie. Die kompetisie was baie sterk. Lillian Veldman het wel 'n 9de plek gekry met 'n tyd van 16,37 min op die 4 km roete. Hugo Spies het 'n 15de plek gekry en Jan-Harm Louw 'n 29ste plek. Baie geluk aan julle!

 
Dinsdag, 16 Augustus 2016

Woensdag, 16 Augustus 2016, het 17 van ons skool se laer- en hoёrskool landloop atlete deelgeneem aan die Kring byeenkoms in Ermelo by die AJ Swanepoel stadion. Daar was ‘n paar hindernisse wat die baan baie interessant gemaak het. Die byeenkoms dien as uitdunne vir die Gert Sibande-kampioenskappe wat die 27ste Augustus plaasvind by Laerskool Breyten. Die beste 6 plekke van die hoёrskool en 4 plekke van die laerskool het deurgedring.

Die leerders wat deurdring het na die Gert Sibande-kampioenskappe, is Hugo Spies, Siebert Myburgh, Jan-Harm Louwen JJ van der Merwe. Baie geluk! Ons hou vir julle duimvas!

1. Greg Britz (0/16)
2. Sanele Thabethe (0/16)
3. Kaleb Boshoff (0/16) en Gert Oosthuizen (0/16)
4. Dominique Prinsloo (0/12)
5. Ruan Spies (0/13)

   
   

Woensdag, 11 Augustus 2016

Die 4de landloopliga plaasgevind hier by Morgenzon Landbou Akademie. Baie dankie aan elke onderwyser en leerder wat betrokke was om van die dag ‘n reuse sukses te maak!

Ons het dit goedgedink om die plaas te benut met die 6 km-roete. Die senior seuns roete was met geel vlaggies aangewys.Die atlete moes katvoet wees enonder andere uitkyk vir klippe, versigtig wees deur die bome en oor bruggies. Die 4 km-roete, wat met pienk vlaggies aangewys is, het ‘n 2 x 2km roete in die skoolterrein gehardloop. Baie geluk aan Lillian Veldman wat ‘n 7de plek behaal het onder die Junior meisies met ‘n tyd van 20:07 en Jan-Harm Louw by die junior seuns met ‘n 22ste plek. Aan elke atleet wat deelgeneem het, ons is baie trots op julle!

Baie geluk en sterkte aan ons Landloop Interhoёrspan! Hulle neem Woensdag, 17 Augustus 2016, deel in Ermelo by Ligbron. Die name is in geen spesifieke volgorde nie:

Junior meisies: Lillian Veldman
Junior seuns: Jan-Harm Louw, Pierru Kruger, Siebert Myburgh, Jan-Hendrik Zwarts, Rikus Lombard

Senior seuns: JJ van der Merwe, Hugo Spies, Greg Britz, Sanele Thabethe, Gert Oosthuizen, Kaleb
Boshoff

   
   
 

Morgenzon Landbou Akademie Landloop

Op die ysige koue Woensdagmiddag, 27 Junie 2016 , het ons deelgeneem aan die tweede landloopliga, van die seisoen. Dit het plaasgevind by Hoogenhout in Bethal. MLA het 8 atlete gehad wat deelgeneem. Ons moes sterk kompetisie trotseer omrede daar nou nie meer net 10 skole in die liga is nie, maar 12.

Twee van die junior seuns was onder die top 30 - Jan-Harm Louw (25 ste plek) en Pierru Kruger (30ste plek) in die 4 km-wedloop. Lillian Veldman het ook baie goed gevaar in die 4 km-wedloop vir Junior meisies, sy het ‘n 22ste plek behaal. Ons is baie trots op elke atleet wat deelgeneem het! Ons sien met groot verwagting uit om te sien hoe julle volgende week gaan vaar met die 3de Liga in Evander.

   
   
 

Morgenzon Landbou Akademie:

Die eerste landloopliga van 2016 het Woensdag 20 Julie 2016 afgeskop. Die eerste byeenkoms het plaasgevind in Piet Retief. Daar het 10 skole deelgeneem. Die 4km en 6km roetes was uitgelê tussen die prentjiemooi plantasies. Die roete was beslis uitdagend met ‘n paar styl opdraendes, maar tenspyte daarvan het ons leerders goed gevaar.

13 van ons atlete het deelgeneem. Jan-Harm Louw behaal ‘n 16de plek en Pierru Kruger ‘n 18de plek onder die Juniorseuns. JJ van der Merwe behaal ‘n 13de plek en Hugo Spies ‘n 14 de plek. Ons is baie trots op elke atleet wat deelgeneem het!

Juf. Anneke baie dankie vir u afrigting en deursettingsvermoë met hierdie Landloop atlete.


v.l.n.r Pierru Kruger,Siebert Myburgh, Jan-Harm Louw, F.C. Koch


 Agter na voor v.l.n.r. ry 1: Sanele Thabethe, Jan-Harm Louw, ry 2: F.C. Koch, Lillian Veldman, Pierru Kruger,
ry 3: Louwrens Muller, Siebert Myburgh, ry 4: JJ van der Merwe, Greg Brits, Hugo Spies,
ry 5: Jan- Hendrik Zwarts, Ruan Spies (uitgelaat Kaleb Boshoff)

 

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com