2016 Afsluiting

Vanaf Lammersville tot Gr. 3 het Vrydag 4 November 2016 hul jaarlikse afsluiting gehou na 'n jaar se harde werk. Die dag was propvol son, swem en uitbundige kinders dankie vir ons onderwysers wat die dag vir ons moontlik gemaak het.

   
   
   
   
   
   

Lentedag

Op Donderdag, 1 September 2016 het Graad R-3 Lentedag gevier. Skoolklere is veruil vir helder vrolike kleure en ʼn lekker "cupcake". Ons het tyd afgestaan vir kuns aktiwiteite en vir 'n uitstappie na die diere op die skool se plaas. Die leerders het dit baie geniet!

   
   
   
   
   
   
 
Gr2's praat oor waterdiere en het n akwarium gemaak vandag
 
 
 
   
   
   
 

Joldag!!!!!!!!!

Op 24 Mei het die Graad R - 3 leerders Carnaval Square gaan besoek in Secunda. Die leerders het dit verskriklik baie geniet! Hulle het gespeel totdat hulle kapoet was. Die leerders het groot "doughnuts" gekry en n worsbroodjie om die honger gaatjie te vul. Sommiges het sommer aan die slaap geraak oppad terug. Ons sien sommer uit na volgende jaar se uitstappie.

   
   
 
     
 

Morgie Sorgie uitstappie

Ons was 28 April by West end landgoed om te sien waar melk vandaan kom. Ons het dit so geniet. Dankie vir Tannie Imke wat dit vir ons gereel het en Oom Gert wat als vir ons gewys het. Dankie aan Oom Jan wat ons met die bus gevat het.

Kyk hoe lekker bak ons koekies

Donderdag, 21 April het die graad 1 klassie koekies gebak. Behalwe dat almal dit geniet het, het hulle baie geleer van meting (volume). n Koppie van dit, 'n kwart koppie van dit en 'n lepeltjie vanilla. Ons het sommer veiligheid in die kombuis ook aangeraak: warm plate brand en skerp messe moet versigtig gewas word.

Baie dankie vir die student juffrou (Delaine Jordaan) wat by die graad 1 klas gehelp het die afgelope 3 weke!

Hier is die vinnige, maklike resep vir al die ouers wat dit dalk by die huis wil probeer.:

Resep:

1 koppie suiker
1 teelepel vanilla
1 derde koppie margarine
1 derde koppie kakao
1 derde koppie melk
1 koppie klapper
1 koppie graanvlokkies

Wat om te doen:


1. Sit die stoofplaat op so 4.
2. Gooi suiker, margarine, vanilla, melk en kakao in die pot. Laat dit kook vir 5min.
3. Roer nou deur.
4. Gooi klapper en vlokkies by.
5. Haal van hitte af.
6. Skep lepel vir lepel op waspapier uit en laat afkoel in die yskas!
7. GENIET DIT!

   

Ons Klein skooltjie Lammersville is ook opgegradeer, ons kleintjies geniet elke oomblik. Hier wil ons ook vir Mnr. Wehmeyer en Oom Max baie dankie sÍ vir hul harde werk die Junie-vakansie die kleintjies "jol" te lekker.

Vir die Klein skooltjie personeel sÍ ons ook dankie wat hul vakansie opgeoffer het vir die kleintjies , ons sien dit raak.

Ons wil 'n baba klassie ook begin indien daar belangstelling is, kontak asb virJuf. Marissa by die skool.

   

   

   

 

 

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com