Morgenzon Landbou Akademie bedank SA Vleismerino en Veeplaas!!!

20 Junie 2017 was n groot dag vir Morgenzon Landbou Akademie. Ons ontvang 11 vleis merinostoet-ooie vanaf Die Hoveld SA Vleismernino klub in samewerking met Veeplaas. Ons wil graag die Klub asook Veeplaas bedank vir die groot skenking. Die boere en oud-leerders van MLA wat die ooie geskenk is: Mnre. Francois Wessels, Kobus de Jager, Nico van Willigh, Wouter Theron, Vos Grey en Jonny Hipkin.

Baie dankie vir die goeie gebaar, ons vir seker u dat ons mooi na die stoet sal kyk en oor n paar jaar een van die voorste stoetery gaan h.
 

 
   
       
  `  
 


Morgenzon is sowaar trots op hul leerders!!! 2016

Morgenzon lewer Top Studente op universiteitsvlak.
Elsab Hamman slaag Veeartseny en slaag as een van die Top 10 Studente.
Johan Hamman kwalifiseer as Advokaat.
Joggie Hamman kwalifiseer in B.Com Ekonomie in Bankwese.

Ons Baie trots op die Hamman familie en is baie trots om hul deel van ons Landtie familie te kan h.
 

 
 

BRAFORDRAS WORD DEEL VAN LANDBOU CURRICULUM BY MORGENZON LANDBOU AKADEMIE 2016

In Juliemaand 2016 is nog n droom by Morgenzon Landbou Akademie verwesenlik deurdat die Veeplaas Braford projek van stapel gestuur is. Die Brafordtelersvereniging het in samewerking met die tydskrif Veeplaas ons eerste tien verse laat aflaai. Dit is vir ons as MLA n groot voorreg om so vinnig te kon deel word van die Brafordfamilie. Ons is hartlik ontvang in die Brafordfamilie en het reeds n jaarvergadering en n raadsvergadering van die ras bygewoon.

Ons as MLA is bevoorreg om ons tussen n uitgelese groep mense te bevind wat deel vorm van hierdie projek nl. Veeplaas by name Albert Loubser en die Brafordtelersvereniging onder leiding van hul president Charlotte Schuite. Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Veeplaas by name Albert Loubser hartlik te bedank vir die inisiatief wat hy mee vorendag gekom het om die Veeplaasprojek met die landbouskole van die grond af te kry. Die meeste tradisionele landbouskole is by hierdie Veeplaasprojek betrek en ons as landbouskole wil hom opreg bedank vir die bydrae wat hy lewer tot die landbou-onderrig en -opvoeding van ons leerders. Brafordfamilie het ons vinnig deel van hul genootskap gemaak en onder leiding van Charlotte Schuite het daar geweldig baie in n kort tydjie gebeur.

Charlotte het nie net die tien dragtige verse geskenk nie, hulle is ook betrokke in samewerking met sommige voermaatskappye (Voermol en Veeartseny maatskappye (CEVA)) met die voeding van hierdie verse sowel as medikasie, dip en kunsmatige inseminasie.

Die Brafordtelersgenootskap is ook verantwoordelik vir die registrasie van die aantal aanteeldiere vir die volgende vyf jaar. Die Brafordtrelersvereniging het ook een van die onderwysers en leerders op die raad toegelaat. Die leerder woon alreeds die raadsvergaderings by as n Junior raadslid. Die leerder is Herco van den Heever Graad 11.

Daar is reeds gesprekke op die tafel om die aantal diere in hierdie projek uit te brei sodat die stoet vinniger kan groei. Die eerste verse met hul tien kalwers is op Morgenzon afgelaai op die 25 Julie 2016. Die pragtige groep diere het vanuit die heel bo stoetery in die Vrystaat is by ons afgelaai. Die skool het reeds die Brafordras adverteer by die afgelope Jeugskou wat plaasgevind het tydens die Oktober vakansie.

Drie bulle van een van die stoettelers in die omgewing, Mnr. Gert van der Merwe, is deur die skool geskou by die Nasionale Jeugskou en die bulle het groot belangstelling onder die toeskouers gewek. Wil-wil ook mnr. Gert v.d. Merwe hartlik bedank vir sy betrokkenheid by die skool se Braford stoet. Die bul op die foto hierby aangeheg het tweede plek tydens n strawwe skoumanskap kompetisie verower. Sy hanteerder Xander Wehmeyer was opreg trots op die bul by name Velaphi wat in Zulu beteken Waar kom jy vandaan?

Brafordkursusse word ook in die vooruitsig gestel vir telers en leerders onder leiding van die president van die Brafordtelersgenootskap mnr. Charlotte Schuite.

Morgenzon Landbou Akademie wil graag alle betrokkenes by hierdie projek bedank en ons sien uit na die nuwe uitdaging wat voor ons deur l.
 

   

 
     
 

MORGENZON LANDBOU AKADEMIE 2016
DEEL VAN GOLDI KONTRAK GROEIERS


Morgenzon Landbou Akademie is een van die eerste landbouskole in die land wat kan spog met n ten volle omgewings- en klimaatbeheerde hoenderhuis op hul perseel.

Die gedagte het so 18 maande terug ontstaan en ons het toe Goldi genader in persoon Dr. Greyling en hy het ons verwys na Mnr. Doughie Greeves. Daarna is n paar rolspelers in die pluimveebedryf genader en het die gedagte toe oorgegaan na n werklikheid. Al die rolspelers het bymekaargekom nl. Spartan, Goldi, Chemvet , SA Technopoll, Bosman drors, Jhan Installations en Munters.

Chemvet het die struktuur opgesit en al die isolasie hanteer. SA Techno Poll het die isolasiemateriaal hanteer. Bosman drors het die oond geinstalleer wat verantwoordelik is vir die verhitting in die huis. Munters was verantwoordelik vir die rekenaars wat die hele huis beheer. Spartan het al die voerders en drinkers en Kubu sowel as die ventilasietoerusting geskenk.

Na afloop van die bou en installasieproses het Morgenzon Landbou Akademie nou n 30 x 12 m omgewingsbeheerde hoenderhuis wat met die mees moderne tegnologie in die land toegerus is. Die huis kan 9 000 kuikens huisves en die kuikens word elke 35 dae geslag.

Die prestige openingseremonie was op Woensdag, 11 Mei 2016, gehou en al die betrokke borge was by die geleentheid teenwoordig. Ons het self van Munters se topbestuur uit Swede hier ontvang. By die geleentheid het alle rolspelers dan ook die nuutste tegnologie in die huis aan bestaande kontrak groeiers van Goldi vertoon en gedemonstreer. Daar was n funksie en middagete van uitstaande gehalte binne-in die hoenderhuis aangebied.

Die grootmaak en slag van Braaikuikens is deel van die Landbou kurrikulum vir baie jare, maar met die tegnologie het ons nou hoenderboerdery na die volgende vlak geneem.

Ons doelwit met die huis is nie net om braaikuikens vir slagdoeleindes te produseer nie maar ook om leerders op te lei in die hoenderbedryf om dan ook weer deur die betrokke firmas in diens geneem te word.

Ons strewe om n verskil te maak by Morgenzon Landbou Akademie deur ons leerders aan die beste en nuutste tegnologie bloot te stel. Die leerders van vandag is mre se bestuurders en Hoof Uitvoerende Beamptes (CEO) van maatskappye.

Morgenzon Landbou Akademie wil van die platform gebruik maak om die borge van die miljoen rand projek te bedank vir hul insette. As dit nie vir di maatskappye was nie, sou die projek nooit van die grond afgekom het nie.

 

   
   

 

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com