MLA het 1 April 1994 die Gloorwin S.A. Boerperd Stoetery gestig, sedertdien bestaan ons Stoetery al 18 jaar in die gemeenskap! Ons stoetery het ook van die beste genetiese poele in die Boerperd telerskring, alles te danke aan verskeie mense wat hul beste teelmerries aan die stoet geskenk het. Dit is voorwaar vir ons 'n riem onder die hart dat Gloorwin S.A. Boerperd Stoet rotsvas staan!
   
   

GLOORWIN SE MISSIE VIR 2018:
- Ons teel met 'n doel: veelsydigheid deur doelgerigtheid;
- Ons is opsoek na afrigbare talent;
- Bring die perd uit tot sy volle potensiaal;
- Spandeer genoeg tyd aan elke perd;
- Leer elke perd/ruiter nuwe/korrekte metodes en styl;
- Wees altyd professioneel.


WAT IS DIE ROL VAN DIE RUITER:

Om die perd na die beste van sy vermoë te vertoon.
Om liefde aan elke perd te betoon.
Om kennis te versamel i.v.m. die dier, die ras en ruiterkuns.
Om gereeld te oefen en afrigting te kry vir hom-/haarself.
Om die perd af te rig en meer daaroor te leer.
Om die houding van 'n vertoner aan te leer en uit te leef.

GLOORWIN BIED DIE VOLGENDE PERDE:

Plaasperde
Kinderperde
Plesierperde
Kompeterende sportperde
Universele skouperde
Tradisionele skouperde

 

Vir meer inligting, kontak gerus die volgende persone: Mnr. Frans Joubert by 072 357 3823 of  Me. Annette le Roux by 072 392 7497.

 
Vir Tilanie Groenewald het die vakansie op 'n hoogtepunt geëindig, sy wen die Sanesa Level 7 klas A en B. Tilanie word ook as algehele kampioen aangewys op die ope klas - Level 4 wat by Bethal Polocrosse klub plaasgevind het op 14 Julie.


 

Die eerste kwalifiserende rondte van Western Mounted Games het Saterdag 17 Feb te Delmas plaasgevind.
Tilanie en haar staatmaker perd, Gold Dust, doen dit weer! Sy wen nie net die Sanesa level 7 klas nie, maar ook die Ope Level 4 klas.
 


Tilanie Groenewald
 

 

 

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com