Gr. 10 Leerders besoek Nampo 2016
 

 

Ons het die 10 Mei die graad 11 Biologie en Fisies leerders geneem na Sci-Bono waar ons eerstens na die uitstallings van Body Worlds gekyk het wat 'n reeks uitstallings is van menslike lyke wat gepreseveseer is en vertoon word en tweedens het ons deur die Wetenskappe uitstallings en eksperimente geloop en experimenteer. Dit was 'n lekker leerskool.

 

Ons Gr. 10 Biologie–leerders besoek Wieg van die mens.
     


Bloukopuitstappie

Die oggend vroeg het al die stappers of bergklimmers by die skool opgedaag. Ongelukkig moes hulle eers skoolgaan, maar gelukkig net tot tweedepouse toe. Die bus is gelaai, die kinders, kospakkies en hope gees was ingepak. Ons toergidse; tannie Vicky, juffrou Marina Ackerman en mnr. Harry Labuschagne het vir ons al die reëls en inligting gegee oor hoe alles gaan verloop.
 

Die rit tot by die berg het so kort gevoel, omdat dit maar net 5km weg was. Ons het teen die berg Bloukop afgeklim en elkeen het ‘n kospakkie ontvang. Daar is ons in ‘n bondel gedruk en ons het begin stap. Eers was dit lekker plat, maar toe tref ons die helling, van ons het begin agter raak en mnr. Harry moes van ons stoot teen die bulte op.

Op die koppie het ons gestop vir ‘n lekker piekniek, en ‘n welverdiende ruskans. Ons het ‘n kort geskiedenis les gehad oor Bloukop en wat alles daar gebeur het, dankie tannie Vicky daarvoor. Groepfoto’s en ‘n foto-album vol individuele foto’s is geneem. Daarna het ons die afdraande waardeer op pad bus toe.

Ons het veilig weer by die skool gestop en ons het die busdrywer bedank vir die veilige, kortrit wat hy ons gegee het.

Dankie aan juffrou Spook (Alta Kleyn) dat juffrou vir ons die ongelooflike uitstappie gereël het. Ons sal dit enigetyd weer wil doen!

 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com