Landties trek tou dat die gras waai

Tel op die tou! Aan die tou! Gereed! Trek! dit is die woorde wat MLA se toutrekkers baie goed ken. Ons het drie jaar gelede met hierdie interessante sportsoort begin. Toutrek is 'n baie groot sportsoort in die Wes-Kaap en ons het gedink da tons di took na die noorde wil laat oorvloei.

In 2015 het die Landties Toutrekspan gaan deelneem by die SA Kampioenskappe te Drostdy, Worcester. Ons het tydens hierdie groot geleentheid waar daar 1 200 trekkers deelneem 'n tweede en 'n derde plek gekry. In 2016 is die SA Kampioenskappe in Buffeljagsrivier naby Swellendam gehou. Soos voorspel was die kompetisie weereens baie sterk gewees en die kompetisie is op 'n uitstekende manier aangebied.

Ons is baie opgewonde om in 2017 weer 'n paar plekke te gaan lostrek by die SA Kampioenskappe wat gehou sal word in Maart op Swellendam. Landties toutrek gaan beslis nie net MLA se naam hoog hou nie, maar ook Mpumalanga s'n…


v.l.n.r. Agter: Ulrich Venter, Leanu Maritz, Kian Grobler, Luke Pretorius
v.l.n.r. Middel: Hugo Spies, Tommy Robberts, Kyle Coetzee, Cobie Roux, Xander Wehmeyer, Pierru Kruger, Henco du Preez
v.l.n.r. Middel: Donovan Calitz, Elizané Lombard, Lillian Veldman, Syntyché van Niekerk, FC Koch, Marnu Kruger
v.l.n.r. Voor: Christo du Preez, Donovan Cooper, Mnr.P. Venter (Afrigter), Andries Venter, Mnr.R.Jv Vuuren (Afrigter) Juan-Co Swart, Wikus Jordaan

 

 

Ons Toutrek is Tops!!

Ons 520Kg behaal silwer en ons 560Kg behaal goud die afgelope naweek te Helderberg(Kaap).
Ons wil vir elke ouer baie dankie sê wat ons kinders so ondersteun het en bygestaan het.

Oom Blikkies en Tannie Tracy Varkevisser(Toutrek Moeder) baie dankie dat jul hierdie 'n ongelooflike toer gemaak het met al die bederfies en positiewe bydraes by die kampioenskap. Tannie Tracy vir al die reëling voor en gedurende die toer en al tannie se roompies en hulp.

Mnr. Alex Wehmeyer, Mnr. Ruan Jansen van Vuuren en Mnr. Harry Labuschagne baie dankie vir jul vertroue in ons span en vir al die moeite en getroue afrigting elke liewe aand.

Leerders jul was regtig 'n pragtige groep seuns, en ons weet jul het jul uiterste bes gegee, dankie dat jul Landties se naam te alle tye hoog gehou het.

Ons is trots op jul!!!
 

 

MLA het vanaf 1/3/16-13/3/16 na Buffelsjagsrivier, net buite Swellendam, getoer om aan die S.A. Skoletoutrek kompetisie te gaan deelneem. Ons het vyf spanne gevat, waarvan 3 in die Plaat-afdeling en 2 in die President-afdeling deelgeneem het. Alhoewel Landties geen medalje hierdie jaar los getrek het nie, het ons soanne met inbors geveg aan die tou.

Hulle het die ware Landtie-gees op en van die veld af uitgestraal. Ons begin nou met voorbereiding vir die Afrika-spele wat later hierdie jaar in Zambië sal plaasvind. Baie dankie aan al die borge en persone wat hierdie toer 'n realiteit gemaak het. Aan die trekkers: Julle is ware Landties

   
   
   
 
 
 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com