Ons is baie opgewonde oor al ons gr.8’s by Landties en op 15 Februarie 2021 begin ons deur mekaar te leer ken. Elke Pit het die geleentheid gekry om hom- of haarself aan almal voor te stel en ook te sê vanwaar hul af kom.

Daarna deel ons die Pitte in kultivars op, hul bestaan uit:

Die Mustangs                    Die Blou Boerboelle                       Die Spiertiere                   Die Hunters

Elke span kon hul eie naam kies en moes ‘n kreet uitwerk wat daarmee saam gaan.  Die spanne het geleentheid gekry om dit aan alml oor te dra.

Die VLR is ook opgedeel saam met die spanne.  Ons het gaan stap op die terrein en hul moes stokke soek waaraan hul span se vlag vasgemaak kan word.  Die VLR het kans gekry om met hul te werk waarna ons die dag afgesluit het met ‘n braai, kuier en speletjies.