Morgenzon Landbou Akademie se A en B span het die afgelope naweek skole liga gaan hengel by College Farm Vaaldam. Met trots kan ons sê dat die A span die A liga gewen het en ons B span 2de geëindig het in die B liga vir die dag. Die volgende individuele prestasies is behaal:
- Grootste geelvis- Dwayne Coetzee
- Grootste karp- Kian Labuschagne
- Grootste baber- Kian Labuschagne
- Swaarste sak vis- Kian Labuschagne
Baie geluk, ons is baie trots op julle.