By 2020 se prestige awards byeenkoms waar skole, onderwysers en leerder beloon is vir uitstekende werk in Gert Sibande Distrik het MLA met n groot hoeveelheid van die pryse weg gestap. Msukaligwa 2, waarvan MLA een van die 6 skole is, het met ‘n totale slaagsyfer van 89.7% , tweede plek behaal in Gert Sibande distrik.

Hier volg ‘n uiteensetting van die pryse wat aan MLA by hierdie prestige geleentheid oor handig is:

Skool met die hoogste persentasie Baccalaureus studente in Msukaligwa 2 kring.

Vak prestasies-

  • Beste skool in Afrikaans Huistaal asook beste skool in LO


Op vak gebied is die volgende onderwyser bekroon as die onderwyser met die beste prestasie in die kring en ook ‘n 100% slaagsyfer in sy of haar vak:

  • Rekeningkunde- Jeanine van Aarde
  • Afrikaans Huistaal- Nelanie du Plessis
  • Gasvryheid- Mariska Janse Van Rensburg
  • IGO- Wybrand Wondergom
  • Toerisme- Janine Rautenbach
  • Landbou Tegnologie- Ruan Jansen van Vuuren
  • LO- Marina van Eck
  • Lewenswetenskap- Nelanie du Plessis

 

Die volgende leerders het geraamde sertifikate asook trofees ontvang vir uitstekende prestasies:

  • Jan-Hendrik Zwarts – Afrikaans Huistaal
  • Jan-Hendrik Zwarts- English First Additional
  • Jan-Hendrik Zwarts- Lewenswetenskap
  • Lou Grobbelaar- Landbou Tegnologie
  • Lou Grovbelaar- Wiskunde Gelleterdheid


Namens die hoof en die skool baie geluk aan die individu met ‘n besonderse prestasie. Dit het ons trots gemaak om ‘n Landtie te wees by hierdie prestige geleentheid.