Dominique Steyn ons so trots op jou sy is gekies vir 0/18 Hokkie Mpumalanga-Proewe alhoewel sy 0/17 is. Die proewe word nou eers uitgestel as gevolg van Covid. Ons weet jy kan Dominique en wens jou net alle voorspoeg toe.
Sy is ook die Kaptein van ons 0/18 Hokkie.
Uit die pen van ons Hokkie-Kaptein
Almal het in n oogwink vir my soos familie geword en al die goeie harte en tyd wat ons saam spandeer by elke oefening is kosbaar.
Wanneer daar n harde wedstryd agter die rug is en harte moedeloos is, is daar wel glimlagte wanneer ons vanaf die veld stap met die gewete dat ons, ons beste gelewer het.
Eerlik, ons span. Wanneer die adrenalien begin inskop die laaste 10min voor n wedstryd met n positiewe gevoel en die wete dat ons spanmaats hul beste sal gee.
Ek is wel nog net 1 jaar in die span, maar hierdie span waarin ek speel het my ope arms aanvaar soos n familie.
Elke harde oefening en wedstyd is ons grootste oomblik want daar is nooit konflik nie en ons help altyd waar ons kan.
Maryke, daar is dae wat ons voel ons wil nie opdaag vir n fiksheid oefening nie, dan sal sy altyd die oefeninge meer gees gee en ons almal positief maak.
Om almal se sonskyn glimlaggende positiwiteit te sien met die wete dat ons wel ons beste gelewer het.
Terugvoer van ons onderkaptein (Marizele Bester), Anika, want sy was baie toegewyd gewees en sy was waarlik passievol as sy gespeel het, sy het haar alles gegee en al was sy uitgeput, het sy nie moed opgegee nie.Ek het groot skoene om vol te staan maar gelukkig met so ‘n puik span maak hul dit vir elkeen van ons ‘n fees. Dankie vir elke hokkie-vriendin!!!