Morgenzon Landbou Akademie se twee hengel spanne het die afgelope naweek die koue trotseer by Tago Vaaldam vir die Mpumalanga skole liga finaal. Dit was ‘n bitter moeilike dag maar die seuns het hulle heel beste gegee ten spyte van die weer. Hier volg die dag en ook die liga se uitslae:
Morgenzon B 1ste vir die dag
Morgenzon A 2de vir die dag
Dwayne Coetzee swaarste sak vir die dag
Louhan Potgieter grootste vis vir die dag
Algeheel
Morgenzon A 1ste
Morgenzon B 4de
Die A span gaan dan ook deur na die school of champs toe wat in Oktober sal plaasvind. Sterkte manne. Weet julle sal die Landtie naam hoog hou. Stywe lyne.