Skape Spons

Vanoggend het die Gr.10 Landbouwetenskap leerlinge geleer hoe om skape te spons. Die sponse word ingesit en 2 weke later uitgehaal waarna die ramme bygesit word. Dit word gedoen sodat die ooie kan sinchroniseer en dieselfde tyd lam. Baie dankie oom Kiepie wat ons kom touwys maak het.
Huis Kosmos Kersete

Wildkyk, beesvang, Kersfeeshuis-versier, dans en lag wat die nag ophelder. Dis hoe ons meisies ‘n jaar afsluit en regmaak vir eindeksamen wat nader wink. Baie dankie aan juffrou Mariska Jansen van Rensburg en juffrou Meanet Rothmann vir al die reëlings, dankie vir oom Pieter en tannie Liesel wat hulle huis vir ons weereens so gasvry […]
Protealaan

Hier kan ons dogters nou sommer hulle sorge ook weg was. Baie dankie aan die ouers wat dit vir ons moontlik gemaak het om Protealaan se badkamer oor te doen. Van die teëls tot die nuwe storte. Geen woorde kan hierdie ongelooflike geskenk en ons dankbaarheid beskryf nie.
TOP TIEN UITSTAPPIE

MLA het al die top Akademiese presteerders Gr4 – 12 beloon met ‘n heerlike uitstappie na Secunda. Die dag is afgeskop met ‘n vinnige kuiertjie in die Mall. Daarna is die groupie na die “Grub House” waar daar te lekker aan hamburgers en “Freaky” melkskommels gesmul is. Die groepie het hulself terdeë geniet en baie […]
VLR 2021 / 2022 uitstappie

Opwinding is beslis ons eerste gedagte as ons aan die jaar wat voorlê dink en vanaand het ons dit net meer besef. Die VLR 2021 / 2022 het by Spur bymekaar gekom vir n gesellige en geselserige geleentheid. Daar was hoop en verwagtinge uitgeruil asook moed ingepraat oor die nuwe jaar wat voorlê. Ons bedank […]
Waterwese uitstappie

‘n Skooldag het effens anders begin toe die gr 10 en gr 11 lede op n uitstappie na die Department van Waterwese by Grootdraai dam geneem is .Die kinders is in groepe van 2 verdeel en die pompe en die binnekant van die sluise gewys . Die leerders het dit gate uit geniet en vreeslik […]
Mnr. Andru en Juf Elizané

Ons is saam met Juf. Esti v/d Merwe baie opgewonde oor haar seuntjie JW wat op 10 Junie 2021 gebôre is. Ons as Landties is saam met jul so bly oor die bondeltjie, mag hy vir jul net ‘n seën op jul lwenspad wees.