Fietsry Middelburg

Morgenzon Landbou Akademie se fietsryers het saterdag deelgeneem in Middelburg. Ons is super trots op elke leerder, julle vorder so mooi en gee elke keer julle beste. Die vlg plekke is behaal in verskeie ouderdomme. Johandré Swart 12de, EG Janse van Rensburg 13de, Elzerie Feirrera 23st, Rihané Broekman 6de, Sphephelo Hlatswayo 11de, Thumi Dhladhla 28st […]

Skiet Span

Tydens die die afgelope naweek se skiet het 2 van Morgenzon Landbou Akademie se skiet span leerders deel geneem aan die Mpumalanga skiet kompetisie waar Luwan Pelser 15de in Mpumalanga geëindig het en dan ook gekies is om te gaan skiet by SA’s.

Noordvaal Finaal 2022

MORGENZON LANDBOU AKADEMIE DOEN DIT WEER!!! Drie van Morgenzon Landbou Akademie se rugbyspanne het deurgedring na die Noordvaal finaal. Deur die seisoen het die drie spanne uitstekende rugby gespeel en hulle goed van hul taak gekwyt.  Die 0/17 en 0/19 het die kleinskole Mpumalanga kompetisie gewen maar die 0/15 was egter naas wenners in Mpumalanga […]

Laerskool Hokkie Kliniek

Op 15 & 16 Augustus 2022 het die Laerskool hokkie spanne die voorreg gehad om ‘n hokkie kliniek by te woon wat hier by ons aangebied was. Die dogters het dit vreeslik geniet en het ook baie nuwe vaardighede aangeleer. Die twee spanne se doelwagters het ook ‘n bietjie spesiale aandag gekry om aan hulle […]

Sanesa Q4

Lumay Els het die naweek van die 10-14de Augustus aan Sanesa se Q4 deelgeneem te Badplaas. Sy doen uitstekend met haar perd Ekeneb Rocky. Showjumping (70cm)A2 4de plek. Showjumping Competition (70cm)1 ste plek. Equitation (80cm) 2 plek.

Landsdiens

Na lang wag en uitstel van weer en Covid kon die Landsdiens leerders van 2021 uiteindelik hulle lugballon rit ervaring beleef.

Fietsry Liga 1 Piet Retief

Morgenzon Landbou Akadmie se Laerskool leerders het die afgelope naweek hulle heel eerste fietsry liga nml die TWK skole liga bygewoon in Piet Retief. Die leerders het baie goed gedoen en dit vreeslik baie geniet. Ons sien vreeslik uit na die res van die seisoen.

Ou Landtie

Ons Trots Ons is trots op ons ou Landtie Jaco Bothma wat nou die hoof van Laerskool Secunda is. Ons wens jul as gesin net die beste toe. Baie geluk nogmaals

Hokkie

Jalinri Etsebeth is gekies as die doelwagter vir die 0/12 Mpumalanga Eagles hokkie span wat deelgeneem het aan die Mpumalanga streekstoernooi te Tzaneen. Die Mpumalanga Eagles het 4 van hulle 7 wedstryde gewen en Jalinri het baie goed gespeel en gekeer. Baie geluk Jalinri, Landties is baie trots op jou.

Western Games

Christo Mons het die naweek van die  11& 12 Junie western Games gedoen  by Sawmga Bethal. En het die volgende  prestasie behaal. Dit was Saterdag se games. BI-RANGLE LEVEL 1  2de plek  met n tyd van 23.343 sec. HURRY SCURRY LEVEL 1   1st plek met n tyd van 16.247 sec QUADRANGLE LEVEL 1   2de plek […]