CSV
By die weekslikse CSV-byeenkomste word gepoog om in die leerders se geestelike behoeftes te voorsien. Die program bestaan uit groepbesprekings, lofprysingsaande en soms word daar inspirerende films vertoon.
Minstens eenkeer per jaar word daar ook ʼn kamp gehou waar daar gefokus word op elkeen se individuele verhouding met God en met ander mense.
Die doel van die byeenkomste is om elke leerder in kontak met die Skepper te bring. Ons glo dat geen mens volkome kan leef sonder dat die heilige band tussen mens en God instand gehou word nie. Ons poog om mekaar te ondersteun en te inspireer om die beste te doen wat ons kan. Ons inspireer, motiveer en dra mekaar se laste.
Die byeenkomste word gelei deur Mnre George Jansen van Vuuren en Pierre Venter, Mevv Elma Jansen van Vuuren, Baba Maree en Past. Koos Koen.