Meneer en Mejuffrou Landtie EN ‘n suksesvolle Valentynsbal in Wonderland…
Maandag 14 Februarie 2022…Die groot dag breek aan vir almal wat verlief, verlore en opsoek is. Hoeveel harte gebreek is en hoeveel harte na die dag ongeskonde gebly het sal ons net kan wonder. Maar nietemin was Landtieland verander in Wonderland. Heerlike eetgoed het honger maagies volgemaak en al die oortollige energie is al dansend verbrand.
Naie dankie aan al die ouers wat ons gehelp het, met donasies, borge, saaldekor en opmaak tot laat in die aande. Dankie aan elke graad 11 en graad 11-ouer wat gesorg het vir al die Valentynitems wat ons kon verkoop en dat julle dit met soveel entoesiasme gedoen het. Dis ‘n riem onder ons harte. Juffrou Nelanie, baie dankie vir al jou organisering. Dit was puik. Sonder jou was ons ‘n druppel in die emmer.
“Sal jy my Valentyn wees?”, was egter nie die hoofvraag aan die orde van die dag nie. NEE!
“Wie is meneer en mejuffrou Landtie?”, het koning gekraai.
Na stresvolle onderhoude, opwindende fotosessies, modeparade loop, vrae beantwoord en wag vir uitslae – was die skrif aan die muur:
Meneer Landtie: Juan Zeelie
Mejuffrou Landtie: Sharon Eggar
Eerste Prins: Ludwig Venter
Eerste Prinses: Melandri Meiring
Tweede Prins: Albert Smit
Tweede Prinses: Doné Smit
Meneer Persoonlikheid: Ludwig Venter
Mejuffrou Persoonlikheid: Sharon Eggar
Meneer Fotogenies: Ludwig Venter
Mejuffrou Fotogenies: Dominic Snyman
Baie dankie aan ons beoordeelaars vir julle tyd en opoffering.
Mnr. Kobus Venter – Model en eieneaar van Venter Konstruksie in Bethal
Me. Tanya Maartens – Eienaar van Jenesaisquoi Modelling Academy
Me. Sonnike Lombard – Oud Landtie en Mrs Mpumalanga finalis 2022
Me. Sune Wolmarans – Oud Landtie en Mrs Mpumalanga finalis 2022
Deelnemers vir julle betrokkenheid, oorspronklikheid, skoonheid en vermaak. Julle is almal wenners!
En ‘n besondere dankie vir ons eregaste van die ouetehuis van die dorp wat ons kom ondersteun het en dat ons so aand saam met julle kon deel.