Koshuise

Dis ‘n hartklop van ‘n skool. Dis die koshuis.

Vir ‘n paar jaar word u kind, ons kind. Word ‘n gebou op ‘n skoolterrein – ‘n tuiste, ‘n veilige vesting. Maats verander in familie en onderwyser word ouers. Dis waar selfstandigehid en onafhanklikheid gekweek word. Dis ‘n plek waar jy na jou ouers verlang, maar die gees van samesyn swaarder weeg as die gemak van die bekende. Ons Christelike waardes en morele word deur saamleef gekoester en gegroei. Soos ‘n klein saailing sien ons hoe kinders in suksesvolle jong mense ontkiem en geanker word in die wêreld as die leiers van die toekoms.

Dis DIE hartklop van ons skool. Dis ONS koshuis.

Die koshuislewe bied leerders die geleentheid om belangrike lewensvaardighede aan te leer.  Seuns- en dogterskoshuise is ‘n redelike afstand van mekaar af. Seuns en dogters eet en leer afsonderlik.  Koshuise maak voorsiening vir leerders vanaf Gr.4 – 12.

Busse kry leerders Vrydae by koshuise en laai leerders weer Sondae by koshuise af.

Die skool beskik oor 4 seunskoshuise, nl. Ribbokke, Elande, Koedoes en Duikers en 1 dogterskoshuis nl. Huis Kosmos