Vakkeuses

GRAAD 4-6
* Moet 50% vir Afrikaans hê
* Moet 40% vir Engels hê
* Moet 40% vir Wiskunde hê
* Moet 40% vir enige 2 ander vakke hê
* Mag 1 vak onder 30% hê

GRAAD 7-9
* Moet 50% vir Afrikaans hê
* Moet 40% vir Engels hê
* Moet 40% vir Wiskunde hê
* Moet 40% vir enige 3 ander vakke hê
* Moet 30% vir 2 ander vakke hê
* Mag 1 vak onder 30% hê

GRAAD 10-12
* Moet 40% vir Afrikaans hê
* Moet 40% vir enige 2 ander vakke hê
* Moet 30% vir 3 ander vakke hê
* Mag 1 vak onder 30% hê

TOETSE
Gedurende die eerste drie kwartale word daar elke kwartaal ten minste een toets in elke vak geskryf.
Toetse word op Dinsdae en Donderdae geskryf. Addisionele toetse word in klastyd geskryf en deur die vakonderwyser gereël.
(Sien toetsrooster vir jaar asook in leerders se dagboeke)

EKSAMENS
Eksamens word gedurende Mei /Junie asook November geskryf. Matrieks skryf ook Rekord eksamen in September.
(Sien eksamenrooster wanneer beskikbaar)