VLR-Skoolleiers
“Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? – Deur dit te hou na U woord”
Die VLR van Morgenzon Landbou Akademie word saamgestel deur die volgende rade:
UITVOERENDE RAAD:
- President/e
- Vise-President/e – Akademie
- Vise-President/e – Sport
- Vise- President/e – Kultuur
- Vise – President/e – Leerderaangeleenthede
KOSHUISRAAD
- Koshuis Hoofseun/Dogter
- Koshuis Onderhoofseun/Dogter
- Koshuisleiers
LAERSKOOL HOOFLEIERS EN PREFEKTE
- BUSPREFEKTE
- BOEKSTOORPREFEKTE
- MEDIAPREFEKTE
- KLASLEIERS
- KAPTEINE VAN SPORTSPANNE.
- SNOEPIEPREFEKTE
Die Uitvoerende Raad saam met die Laerskool Hoofleiers en Prefekte en die Koshuisraad is oorhoofs verantwoordelik vir die handhawing van dissipline, toepassing van Gedragskode en nakoming van skoolreëls deur die leerders van MLA.
Elke Lid van die VLR ontvang ‘n pligstaat waarin sy of haar pligte uiteengesit word. Verder is die VLR ook betrokke by gemeenskapsprojekte soos besoeke aan die ouetehuis, fondsinsameling vir minderbevoorregtes en die ondersteuning van organisasies soos KANSA.
Die VLR word bygestaan deur twee VLR Voogde, Die Skoolhoof en BL lid van die Leerder en Dissiplinêre komitee. Die President en Presidente dien op die skool se BL en woon die komiteevergaderings by.
Lede van die VLR woon jaarliks ‘n opleidingskamp by waarin hul opgelei word om as leiers van die skool take uit te voer, inisiatief te neem by reëlings en organisasie van oa die Pitte Orienteringsprogram, Pittekamp en Groentjie Konsert. Daar word elke kwartaal n VLR vergadering gehou en hanteer die VLR ook minder ernstige dissiplinêre gevalle voordat dit deur die BL hanteer word.
Aan die einde van sy of haar dienstermyn ontvang elke VLR lid ‘n erekode wat tydens die aankondiging van die die VLR onderteken word.