Boerdery
Die plaas Kleinfontein vorm ‘n kardinale deel van Morgenzon Landbou Akademie. Die plaas is sowat 7km vanaf die skoolterrein op die Amersfoortpad geleë. Die plaas is selfonderhoudend en beslaan ongeveer 405ha, waarvan 129ha gebruik word vir graanverbouiing en 250ha word gebruik vir weiding wat bestaan uit aangeplante oulandsgras en natuurlike weiveld vir vee.
Graanverbouiing behels die aanplanting van gewasse soos sojabone en mielies in ‘n wisselboustelsel in verhouding van 1:1. Die afgelope twee jaar was ons as skool geseënd met baie goeie oeste. Huidiglik is die sojaboonoes reeds van die lande af, en kan ons nie wag om mielies te oes nie. Ons plant ook elke jaar mielie- en sojaboonproewe in samewerking met verskeie saadmaatskappye.
Ons vee-afdeliling bestaan uit Kommersiële Drakensberger beeste en die kudde het baie mooi opgetel in getalle. Die plaas beskik huidig oor 98 koeie, 5 bulle en 35 kallers.
Die ander vee-afdeling is die skape – Dohne Merino’s. Hulle het onlangs gelam en die getalle het ook baie mooi gegroei in die laaste paar jaar. Huidig is daar 144 ooie, 8 ramme en 104 lammers.
Kleinfontein is dan ook die plaas waar opleiding geskied vir die leerders van Morgenzon Landbou Akademie. Twee wolkursusse per jaar word hier aangebied. Daar word ook ‘n boeredag gehou wat dan gaan oor die mielie- en sojaboonproewe en die skool word ook op die manier bemark.
PLAASLEWE IS ALTYD LEKKER……
Morgenzon – die skool met groot ideale vir die toekoms
Morgenzon Landbou Akademie spog met ‘n prag plaas op die skoolterrein waar leerlinge praktiese werk doen en op die plaas leer van boerdery. Op die Bult boer die skool met die volgende:
- 8000 braaikuikens in ‘n volle omgewings beheerde hok, met een van die beste PEF in die land behaal van 452.
- Braford stoet
- Vleis Merino stoet
- Boerperd stoet
- Holstein beeste wat die skool melk en dan produkte maak soos Amazi, Yogurt, drink Yogurt en Feta kaas.
- Die skool plant ook 15Ha Sojabone
- 9Ha sugergraze
- Goed gevestigde land met oulandsgras.
By MLA het leerders die geleentheid om as deel van hul buitemuurse program, ook aan Jeugskou deel te neem. Vir die oningeligte: Wat is Jeugskou?
Jeugskou bestaan uit 4 afdelings naamlik kennis, was, voorbereiding en skouman. Punte wat in elke afdeling verkry word dra by tot ‘n punt wat dan die algehele skouman aanwys in ‘n dissipline. Die verskillende dissiplines waarin ‘n leerder kan deelneem is: melkbeeste, vleis en dubbeldoel, vleisskape, wolskape, vleisbokke, veselbokke, melkbokke, varke, perde, kullinêre kuns en suiwelbereiding. Vere en pels wat insluit konyne, pluimee (hoenders), wedvlugduiwe en sierduiwe.
Om tot die Provinsiale span deur te dring moet ‘n leerder aan 3 Provinsiale skoue in ‘n jaar deelneem. Ander vereistes is om 60% of meer in kennis afdeling te behaal.
Jeugskou word deur leerders geniet en bied vir die kind wat ‘n intense liefde vir diere het, ‘n geleentheid om met sy/haar dier ‘n band te smee en om op ‘n ander vlak met ‘n dier te werk. Ook vir ‘n kind wat nie sportief is en nie aktief by sport betrokke is nie, bied Jeugskou die geleentheid om steeds iets te doen en by individuele sowel as spanwerk betrokke te wees.
Handleidings:
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
MLA spog met ‘n SA Boerperd stoetery wat onstaan het in 1994. Die stoet het tot stand gekom toe goedgesinde telers top stoetmerries aan die skool geskenk het.
Ons perde en ruiters neem jaarliks aan ‘n verskeidenheid kompetisies deel. Dit wissel van perdespring, dresseer, Equitaion tot uithouritte. Ons neem ook gereeld deel aan jeugskou waar ons baie goeie prestasies behaal.
Ons ryskool bied die volgende aan leerling:
- Dresseerbaan, ring, volledige springarena.
- Stallering van privaat perde.
- Afrigting van leerders op skool of privaat perde.
Afrigting deur gekwalifiseerde EQASA vlak 5 instrukteur.