Sosiale Aktiwiteite
Die meeste Suid-Afrikaanse hoërskoolleerlinge wat die matriekjaar loop, lê die Senior Sertifikaat-eksamens af om ‘n Senior Sertifikaat-kwalifikasie te ontvang. Die Senior Sertifikaat is ‘n eksamen wat deur Suid-Afrika se Onderwysdepartement aan matrikulante voorgeskryf word. Wanneer ‘n student aan sekere voorgeskrewe kriteria voldoen met aflegging van die Senior Sertifikaat-eksamens (d.w.s. die matriekeindeksamens), ontvang die student matrikulasiegoedkeuring, wat die wettige minimum is vir toelating tot ‘n B-graadprogram by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit. Morgenzon Landbou Akademie is ‘n Akademiese, Landbou en Tegniese skool wat die leerlinge die kans gee om nie net in die klasse te sit nie, maar die skoolwerk prakties te ervaar in die skool se fasiliteite.
Morgenzon Landbou Akademie hou jaarliks Deurnagsokkie die aand voor Entrepreneursdag, hierdie jaar was geen uitsondering nie en het die kinders hulself behoorlik geniet en gedans tot die son opkom!
Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en leerder wat hierdie geleentheid moontlik maak! Hierdie is jaarliks die sokkie waarna die kinders baie uitsien en hulle was weereens nie teleurgestel nie!