Sport Aktiwiteite
By MLA streef ons daarna om elke leerder se talent te ontdek en te ontwikkel. Met doelgerigte personeel, word afrigting puik gehandhaaf.
MLA bied elke jaar n suksesvolle interhuis atletiek byeenkoms aan. Ons neem ook deel aan Prestige byeenkomste teen top skole in die omgewing. Hierdie jaar het ons uitmuntende prestasies behaal, en menigte medaljes huis toe gebring.
Hier word leerders aangemoedig om vroegtydig voor te berei, en so sorg ons dat ons prestasies elke jaar van die heel beste is.
Morgenzon Landbou Akademie het hierdie jaar ook begin met fietsry as ‘n sport. Die leerders oefen al vir ‘n wyle baie hard. Sondag 14 Maart 2021 het die leerders aan die eerste kompetisie deelgeneem in Alberton. Hulle het vir ‘n begin die 10km gery en tot verbasing uitstekende uitslae vir ‘n eerste keer. Ruan Lombard en Juan Zeelie het onderskeidlik 2de en 3de plekke behaal uit ‘n groep van 90 deelnemers in die 10km. Ons is baie TROTS op julle. Hou aan, harde werk sal beloon word.
Gholf het nie regtig die geleentheid gehad om te skyn die afgelope 2 jaar nie agv die Covid-19 pandemie. Ons het wel alles in ons vermoë probeer om die leerlinge genoegsame tyd te bied om hul talente verder te bevorder. Ons het toegang tot Morgenzon se gholf klub teen geen koste op Woensdae en ons het op so manier probeer om die nuwe leerlinge aan die gholf ervaring bloot te stel. Sekere leerlinge het ook deelgeneem aan ons skool se Gholfdag. Ons het voor die pandemie goeie prestasies behaal met ligas teen Secunda,Kriel,Evander en Standerton. Ons sien baie uit na die volgende liga wat op ons wag.
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Morgenzon Landbou Akademie bied leerders die geleentheid om hulle liggame gesond, sterk en gekondisioneerd te hou. Ons sport spanne oefen ook so saam om spanbou daarby te oefen. Ons leerders kan ook individueel oefen en het nie nodig om saam ander leerders te oefen nie.
Die leerlinge van MLA neem jaarliks deel aan verskeie skole liga’s in Mpumalanga. Die wen skool in die provinsie neem dan aan ‘n skole SA’s deel om te bepaal watter skool die beste in Suid-Afrika is. Leerlinge kry ook die geleentheid om hengel proewes by te woon om vir die Mpumalanga span te kwalifiseer wat dan in Desember aan die SA’s gaan deelneem by Bloemhofdam.
Hokkie is een van die mees gevaarlike sportsoorte en getuig van ‘n dapper hart en gees van staal. By Morgenzon Landbou Akademie is dit dan ook geensins anders nie. Ons dogtershokkie neem deel aan die kleinskole A-liga en maak skoonskip teen die res. Ons neem ook deel aan die Noorvaal. Seunshokkie is ‘n nuwe toevoeging en groei en ontwikkel soos ons deel neem aan ligawedstryde.
Dit was ‘n dag van “eerstes”
Ons speel ‘n vriendskaplike wedstryd teen n gemengde seuns en dogterspan van Ermelo en val 1-5 vas. Vir sommige van die dogters is dit hulle eerste wedstryd in 2 jaar en vir ander hulle eerste vol-veld hokkie ervaring van mini-hokkie af. Bo op alles is dit óók vir die meeste ‘n eerste om op astro te speel. Meisies, ons kan nie trotser wees op die manier wat julle vandag hart en karakter gewys het nie. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om ook vir meneer Wehmeyer en elke ouer dankie te sê vir die blootstelling aan spansport en samesyn.
Jukskei word al verskeie jare in Morgenzon Landbou Akademie gespeel.
Jukskei is n tradiosionele speletjie wat ontstaan het in die Voortrekkertyd toe trekkers en hulle touleiers saans as die ossewaens uitgepsan was, hulle self vermaak het met die gooi van die skein na n stok wat in die grond gesteek was. Die speletjie het amptelike sport status ontvang op 25 Oktober 1940 en sederdien van krag tot krag gegaan.
Ons skool lewer verskeie provinsiale spelers asook nasionale spelers oor die afgelope jare op en is steeds aktief besig met hierdie sport wat baie goed is vir n kind se konsentrasievermoee en interaksie met ander mense. Dit is ook n uitstekende sport om kinders se selfvertroue en wiskundige vaardigehede te ontwikkel aagesien daar deurentyd opgetel en afgetrek word om die telling te bepaal.
Jukskei is die toekoms aangesien jonk en oud dit kan speel!
MLA se Landloop leerders neem elke jaar deel aan byeenkomste by verskeie skole. Leerders vanaf graad 1 tot 12 neem deel waar hulle van 1 km tot soveel as 5 km moet kafdraf om by die wenpaal uit te kom. Landloop hou verskeie voordele vir jou in, dit bou jou selfvertroue deur uithouvermoë, verlig stres en maak jou boonop fiks vir die volgende Atletiek seisoen.
Deelname aan sport vorm ‘n belangrike deel van ‘n kind se ontwikkeling. Vir MLA is elke speelster uniek en ‘n kampioen in sy eie reg.
Sportaktiwiteite by MLA se Laerskool Afdeling is daargestel vir die ontwikkeling van ‘n gesonde gees en ‘n gebalanseerde lewe by ons leerders.
Die optrede en die afrigting van die personeel (afrigters) moet deurentyd opvoedkundig verantwoordbaar wees.
Die mikpunt is om aan elke leerder in die skool die geleentheid te bied.
Morgenzon bied mini-netbal 0/7 tot 0/9 aan en netbal 0/10 tot 0/13.
- Laerskool Netbal
- Hoërskool Netbal
- Mini Netbal
MLA het in drie ouderdomsgroepe rugbyspanne nl. o/15, o/17 en o/19. Die o/15s is die Brumbies, o/17s die Mustangs en o/19s is die Stallions. MLA se rugbyspanne het al vir groot opwinding gesorg deur om verskeie kere groter skole te klop en finale te wen.
- 2016 – wen die o/15s die kleinskole Beeldtrofee
- 2017 – wen die o/17s die kleinskole Virsekerbeker
- 2018 – wen die o/19s die kleinskole Virsekerbeker
- 2019 – wen die o/15s en o/19s die Twizzabeker
In die bogenoemde jare was al drie spanne van MLA bekroon as Mpumalanga kleinskole wenners.
Laerskool rugby
Ons laerskool rugby bestaan uit 0/13 en 0/11 7’s spanne. Ons neem meestal deel aan rondomtalies teen Wittenberg, Amersfoort en Amsterdam. Elke seun kry die geleentheid om te speel en is altyd `n naelskieter met die rondomtalies. Ons leerlinge vaar uitstekend op die veld en gee hul beste. Die leerlinge sien baie uit om weer uit te draf op die veld.
Wat is tennis
Tennis is ‘n raket sport wat ‘n persoon alleen of in ‘n span van twee teun ‘n ander span kan speel. Die doel van die spel is om ‘n rubber bal oor ‘n net te slaan in die ander span se baan. Die bal mag nie buite die lyne wat op die baan geverf is hop nie.
MLA Tennis 2021
In 2021 het ons begin tennis oefen met die idee om teun ander skole te kompenteer. Die kinders het baie belangstelling getoon en ons was in staat om ‘n goeie tennis span te maak.
Die spelers het op Woensdae geoefen en hulle het ook teen mekaar wedstryde gespeel. Ongelukkig kon ons nie wedstryde teen ander skole reël nie, asgevolg van die Covid 19 virus. Met die belangstelling wat die leerders getoon het is daar ‘n groot moontlikheid vir die skool om goed te doen met tennis in die toekoms.
Tennis in die skool was nog nooit een van die beste sporte nie, maar met die regte afrigting en genoeg belangstelling van die leerders in die skool kan die skool se tennis ‘n groot sukses wees.
Morgenzon Landbou Akademie het in 2014 met toutrek as ‘n sport in die skool begin. Ons is die enigste skole klub noord van Bloemfontein. Hierdie sport word deur baie skole in die Wes-Kaap beoefen en ons moet dus na die Wes-Kaap toer wanneer ons aan kompetisies wil deelneem.
Jaarliks neem ons aan die Nasionale Toutrekkompitisie deel wat in die Wes-Kaap of Noord-Kaap aangebied word. Daar is jaarliks rondom 1 500 trekkers en 2 000 ondersteuners by hierdie nasionale kompetisie. Van ons eerste deelname aan hierdie kompetisie het Morgenzon Landbou Akademie se toutrekkers meer as 10 goue medaljes, 7 silwer medaljes en 3 brons medaljes los getrek. Hierdie toer is jaarliks ‘n grootgeleentheid op ons kalender.