Seunskoshuis
Koedoe, Ribbok, Duiker, Eland seuns koshuis.
Die koshuislewe bied leerders die geleentheid om belangrike lewensvaardighede aan te leer. Seuns- en dogterskoshuise is ‘n redelike afstand van mekaar af. Seuns en dogters eet en leer afsonderlik. Koshuise maak voorsiening vir leerders vanaf Gr.4 – 12.
Busse kry leerders Vrydae by koshuise en laai leerders weer Sondae by koshuise af.
Klik hier vir alle informasie benodig>>>
- Die skool beskik oor 4 seunskoshuise, nl. Ribbokke, Elande, Koedoes en Duikers. Elke koshuis huisves 60 leerders (3 leerders per kamer).
- Leerders wat op die Top 10 akademie is, studeer almal in hul eie kamer en die res word in ‘n ruim studiesaal geakkommodeer onder toesig van ‘n diensdoenende onderwyser.
- In hierdie Koshuis gemeenskap is ‘n gedragskode noodsaaklik om die opvoedkundige doelstellings van die koshuis te bereik. Orde, dissipline en respektering van elke individu vorm die grondslag vir sukses en ‘n gelukkige koshuis gemeenskap.
- Christelike beginsels dien as grondslag vir die gedragskode. Volle geloofsvryheid word egter aan elke individu gewaarborg.
- Hierdie gedragskode erken die volgende: Die Onderwyswette, die wet op Basiese Menseregte en die gedragskode vir personeel.
- Ons uitgangspunt by die koshuis is om vir die leerders ‘n huis, weg van die huis af, te skep. Daar heers ‘n lekker samehorigheid en gees in die koshuis.
DOELSTELLINGS
- Om aan elke leerder die volle geleenthede te gee vir optimale verwerkliking van vermoëns en talente op alle opvoedkundige terreine waarop die koshuis hom mag begeef.
- Om aan elke leerder die geleenthede te gee om hom/haar maksimaal voor te berei vir die volwasse lewe en ‘n saak makende rol te speel.
- Om aan elke leerder sekuriteit en geborgenheid te bied in die koshuis gemeenskap as ‘n unieke individu met sy/haar besondere eienskappe en behoeftes.
- Om leerders die beginsel aan te leer van: om vir mekaar om te gee en mekaar se belange op die hart te dra in ‘n gees van samewerking en ondersteuning.
- Om aan elke leerder ‘n veilige omgewing daar te stel waar fisiese beserings so ver moontlik beperk word.
AKADEMIESE VORDERING
- Akademiese vordering is uiters noodsaaklik vir koshuisgangers. ‘n Hoë akademiese standaard moet te alle tye gehandhaaf word.
- Leerders wat nie aan ‘n minimum standaard voldoen nie, kan in ‘n studiesaal geplaas word om onder toesig van ‘n verantwoordelike persoon te studeer.
- Genoegsame studietyd word ingeruim vir koshuisgangers om akademies te vorder.