Prysuitdeling
Die prysuitdelingsfunksie by MLA vorm die hoogtepunt van elke Landtie se skooljaar. Toekennings word sover moontlik op alle vlakke van skoolaktiwiteite gedoen om erkenning te verleen aan bepaalde prestasies en nie om leerders te beloon vir ‘n bepaalde prestasie nie. Hierdie toekennings word gedoen onder die volgende hoofde: Akademies, Sport, Kultuur en Diens en wissel van die toekenning van ‘n blousertifikaat, balkies, erekleure, medaljes, trofee’s tot prestige toekennings soos die aankondiging van die onderskeie Dux Leerders vir die jaar. Tydens die aangeleentheid word die leiers vir die nuwe dienstermyn aangekondig. Die hoogtepunt van die prysuitdelingsfunksie is die oorhandiging van die Amabassadeurstoekenning. ‘n Ambassadeur van Morgenzon Landbou Akademie is nie bloot ‘n seun of dogter wat deur sy/haar prestasies die skool se aansien verhoog nie, maar in alle aspekte gestand doen aan die waardes en beginsels wat by MLA nagestreef en uitgeleef word.