Gasvryheid
Gasvryheidstudies is ‘n opwindende studierigting. Die Gasvryheidstudiesindustrie is die vinnigste groeiende industrie met ‘n wye keuse van beroepe.
Spesiale Vereistes:
- Daar is geen spesiale vereistes nie, maar enige leerder met ‘n passie en liefde vir kulinêre kookkuns sal aanklank by die vak vind.
- Uniforms (sjefbaadjie, voorskoot en sjefhoed) word in gr.10 deur die leerders aangekoop word tot gr.12 vir alle praktiese doeleindes gebruik.
- Kelnerdrag (swart skoollangbroek, wit langmouhemp, skoolskoene en ‘n strikdas)
- Klasgetalle word beperk sodat leerders praktiese opdragte funksioneel kan uitvoer.
Vakaktiwiteite:
Daar is ‘n verpligte praktiese periode wat weekliks geskied waar die leerders alreeds voorskool mag begin en naskool mag aangaan.
Tydens die praktiese klasse oefen die leerders praktiese vaardighede wat dan tydens hul praktiese eksamen (restaurant) getoets word.
‘n Sjef van die week word gekies om die leerders te motiveer om hul beste te lewer tydens praktiese klasse.
Leerders ontvang ook ‘n resepteboek wat hul gebruik vir praktiese klasse en hul eiendom bly.
Ons reël graag demonstrasies tydens prakties klasse met plaaslike hotelskole om leerders se fundamentele kennis oor die vak te verbreed.
Koekkompetisie aangebied deur FBI Chef School & Pâtisserie Academy
Hou ons datums dop vir restaurantaande.