Tegnies

Morgenzon Landbou Akademie bied drie tegniese vakke aan nl:

  1. Ingeneursgrafika en ontwerp
  2. Meganies (motorkunde)
  3. Elektries (kragsisteme)

 

Die Gr 8 & 9 Tegniese kinders van Mnr. Andrú het ‘n suurlemoen battery eksperiment gedoen.

Hulle het koper draadjies en sink plaatjies geruik en dit in die suurlemoen gesit, daarna het hulle ‘n voltmeter aan die punte van die koper draadjies gekonekteer om waar te neem dat daar wel ‘n potensiaalverskil ontwikkel het.

Baie dankie Mnr. Andrú vir die interessante eksperiment.

Leerders in die motor klas neem twee jaarliks deel aan die Engen restourasie kompitisie. Ons het al aan twee kompitisies deelgeneem  waar ons groot sukses behaal het. Ons is trots om te se dat ons die toekenning gewen het as die skool met die beste enjin in die land, en dan n vierde plek in die meesterklas (onder alle seniors), behaal het met ons 1956 Lister CS 12/2.

Morgenzon Landbou Akademie se graad 10 leerlinge besig met hulle Praktiese Assesserings Taak.