MLA bied Hoëveldse SA Vleismerino Klub se Jaarlikse Skou en Veiling aan Die Hoëveldse SAVM- Klub se jaarlikse skou en veiling het vanaf 16 – 18 September 2021 by Morgenzon Landbou Akademie plaasgevind.

Ongeveer 15 boere het die room van hul kudde Donderdagoggend ingeskryf.  Die wolbeoordeling was  vanaf 14:00 tot 17:00 met ‘n kort onderbreking,  toe wind en reën die groottent in duie laat stort het.  Gelukkig is geen mens of dier beseer in die voorval nie.

Die nuwe aankomeling het vrydagoggend  almal se aandag getrek.  Mamma ooi moes soms bontstaan om haar jong  lam teen nuuskierige agies te beskerm.

Vanaf 08:00 – 17:00 is bouvorm beoordeel.  Topgehalte diere van hoogstaande gehalte het die beoordelaars lelik laat bontstaan in ‘n paar klasse

Die hoogte punt van die skou was die spitbraai en optrede van Neil Somers.

Saterdag is die skou afgesluit met ‘n ramveiling wat om 11:00 begin het.

Talle boere het het daarna met ‘n warm  gevoel in die hart en  ‘n leë beursie huistoe gegaan.

Baie dankie aan al die organiseerders  en ondersteuners en borge wat van die skou en veiling ‘n groot sukses gemaak het.