Opwinding is beslis ons eerste gedagte as ons aan die jaar wat voorlê dink en vanaand het ons dit net meer besef. Die VLR 2021 / 2022 het by Spur bymekaar gekom vir n gesellige en geselserige geleentheid. Daar was hoop en verwagtinge uitgeruil asook moed ingepraat oor die nuwe jaar wat voorlê. Ons bedank graag Mnr Pierre en Juf Judy vir die reel van die uitstappie asook Mnr Wehmeyer en Tannie Marie en dan laaste maar nie die minste nie, die VLR van 2021 by wie ons die “Fakkel” oorvat en hoop om op hulle suksesse te bou. Ons wens vir julle n geseënde eksamen toe. Ons sluit af met die volgende aanhaling “As jou dade ander inspireer om te droom, leer en doen, dan is jy ’n leier” – John Quincy Adams.
KONTAK ONS
- Morgenzon, 2315
- 017 793 3089/58
- Hoof: 060 697 0079
- bemarking@morgenzonlandbou.co.za
Kopiereg © Alle regte voorbehou
Morgenzon Landbou Akademie
VOLG ONS OP #MORGENZON
- Facebook - Morgenzon Landbou Akademie Spogblad