Wildkyk, beesvang, Kersfeeshuis-versier, dans en lag wat die nag ophelder. Dis hoe ons meisies ‘n jaar afsluit en regmaak vir eindeksamen wat nader wink.
Baie dankie aan juffrou Mariska Jansen van Rensburg en juffrou Meanet Rothmann vir al die reëlings, dankie vir oom Pieter en tannie Liesel wat hulle huis vir ons weereens so gasvry oopgestel het. Dankie vir oom Gert vir heerlike skaapvleis. Teen die einde van die aand was ons mond blink met skaapvet en ons harte vol vir elke liewe oomblik wat ons as koshuis kon deel met mekaar.