Vanoggend het die Gr.10  Landbouwetenskap leerlinge geleer hoe om skape te spons. Die sponse word ingesit en 2 weke later uitgehaal waarna die ramme  bygesit word. Dit word gedoen sodat die ooie kan sinchroniseer en dieselfde tyd lam. Baie dankie oom Kiepie wat ons kom touwys maak het.