Morgenzon Landbou Akademie se matriek leerders het aan die einde van 2021 saam met duisende ander leerders van regoor die land die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen vir Graad 12’s afgelê. Hulle het al die lewenservaring en kennis wat hulle sedert die dag wat hulle as onseker Graad 1’tjies in die skool ingestap het, toegepas en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Ons matrieks het ook ‘n 100% slaagsyfer behaal en 60% van die klas slaag met vrystelling vir ‘n Baccalaureus-graad. ‘n Duidelike bewys dat leerders by MLA onderrig van hoogstaande gehalte van ‘n puik onderwyserskorps ontvang.
Ons as skool wens elke Matriek 2021 geluk met hul uitstekende uitslae en sien met groot verwagting uit om te sien wat elkeen van hulle in die toekoms gaan bereik. Matrieks, gryp die dag, soos julle tot op hede gemaak het, en moet nie toelaat dat enige iets in julle pad staan om julle drome te verwesenlik nie!
