By ‘n prysuitdelingsfunksie wat deur ons kringkantoor Msukaligwa 2 en distrikskantoor Gert Sibande gehou was, het Morgenzon Landbou Akademie die volgende toekennings ontvang:
Toekenning vir die enigste skool met ‘n 100% matriek slaagsyfer vir 2021, asook die skool met die hoogste persentasie leerders wat geslaag het met bachalaureus.
Die volgende personeel het ook toekennings gekry vir die personeellid met die beste prestasie in sy/haar vakgebied:
- Mnr Pierre Venter –Wiskunde Geletterdheid
- Mev Almarie Broekman – Wiskunde
- Mnr Ruan Janse van Vuuren – Landboutegnologie
- Mnr Armand van Niekerk- Fisiese wetenskap
- Mev. Nelanie Smith – Afrikaans Huistaal
- Mej Jeanine van Aarde – Rekeningkunde
- Mej Wiana Eksteen – Toerisme
Van ons leerders was ook beloon vir hul insette deurdat hul aangewys was as die leerder wat die beste presteen het in ‘n spesifieke vak :
- Richard Ackerman – Ingenieursgrafika en Ontwerp
- Anneleen Erasmus – Afrikaans Huistaal
- Gerty Mostert – Wiskunde Geletterdheid
- Kiara Mostert – Gasvryheidstudies
- Danielle Prinsloo – Landboutegnologie
