MORGENZON LANDBOU AKADEMIE DOEN DIT WEER!!!
Drie van Morgenzon Landbou Akademie se rugbyspanne het deurgedring na die Noordvaal finaal. Deur die seisoen het die drie spanne uitstekende rugby gespeel en hulle goed van hul taak gekwyt. Die 0/17 en 0/19 het die kleinskole Mpumalanga kompetisie gewen maar die 0/15 was egter naas wenners in Mpumalanga maar hulle het hul pad oop gespeel om ook in die Noordvaal finaal te eindig. Die semi-finale was gespeel teen 0/19 – Hendina en 0/15 en 0/17 teen Rhodesfield. Tydens die finale wat gespeel was op H/S Suiderberg se velde het die 0/15 en 0/17 teen Westonaria gespeel en die 0/19 teen H/S Magalies. Die O/19 Stallions het in ‘n klipharde wedstryd 12 elk gelyk op gespeel en deel die trofee met Magalies Hoërskool. Die O/15 Brumbies het die finaal gewen 33-17 teen Westonaria Hoërskool, maar die 0/17 moes die knie buig en het dus 2de geëindig in Noordvaal afdeling 5A.
Baie geluk aan die afrigters en die spelers van die Stallions 0/19 en die Brumbies wat dus gekroon is as Noordvaal afdeling 5 A se wenners.
Die puntemakers 0/17 Mustangs-AJ Willemse 1x Strafskop. 0/15 Brumbies-PJ Kirsten 2x drieë, Wynand Cronje 2X drieë, Wihan v/d Merwe 1x drie, Tiaan Strydom 4x doelskoppe.
0/19-Stallions Ettienne van Eeden 1x drie, Mthokozisi Nkonyane 1x drie en Ruan 1x doelskop. Die uitnemende, presterende skool het nog plek beskikbaar vir leerders in 2023.